SSK, ‘n gevestigde en gediversifiseerde landbou- onderneming met sy hoofkantoor in Swellendam, beskik tans oor die volgende loopbaangeleenthede binne sy Graandienste afdeling en vir moontlike plasing by enige van hul Graan takke in hul bedieningsgebied.

GRAANGRADEERDER(S)

Die suksesvolle kandidate se primêre funksies sal o.a. die gradering van graan, administrasie van alle graansilo verwante dokumentasie, hantering van alle POS transaksies, toesighouding oor meer junior personeel, interaksie met kliënte, en hantering van telefoniese navrae behels. Die suksesvolle kandidate sal reeds opgelei wees in o.a. die volgende dissiplines:

  • Gradering van die verskeie graan tipes
  • Graan ontvangs- en versendingsprosedures
  • Beroking- en opbergingsprosedures
  • Beroepsveiligheid- en Gesondheidsprosedures
  • Toepassing van stoor higiëne praktyke

Die ideale kandidaat sal oor ‘n Graad 12 (Matriek) sertifikaat asook ‘n geldige Gradering-sertifikaat en/of toepaslike kwalifikasie beskik, goed tweetalig wees, rekenaarvaardig in die MS Office pakket (Excel en Word), akkuraat onder druk kan werk, asook oor ‘n kliëntediens ingesteldheid en goeie rekenkundige vermoëns beskik. ‘n Geldige Kode EB (Kode 08) bestuurderslisensie is ‘n verdere vereiste.

In ruil vir u prestasie en bydrae tot SSK se sukses en groei bied ons, ooreenstemmend met u kwalifikasies en ervaring, ‘n mededingende alles-insluitende vergoedingspakket.

Aansoekvorms is beskikbaar op SSK se webblad by www.ssk.co.za of kan by hr@ssk.co.za aangevra word. Rig u volledig voltooide aansoekvorm, tesame met ‘n dekbrief en ‘n bondige CV, met vermelding van verwagte vergoeding en ‘n kontaknommer asook ten minste drie kontakbare referente, aan Die Bestuurder: Arbeidsverhoudinge. U kan u aansoek e-pos aan Leon.Claassen@ssk.co.za. U aansoek moet nie later as Maandag 20 Mei 2024 ingedien wees nie.

Neem kennis dat, indien u geen terugvoering van die adverteerder binne een maand na sluitingsdatum ontvang het nie, u kan aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was. SSK behou die reg voor om nie enige vakature te vul nie. SSK is ‘n gelyke-geleentheid werkgewer.