Die afdeling is gestig met die primêre doel om ‘n stabiele mark vir SSK lede en graanprodusente in Suid-Kaap voergraan te skep. Ander belangrike oorwegings was die beter benutting van SSK se infrastruktuur en bestaande personeel. Die afdeling se veevoer produksie aanlegte is gesetel by SSK se Karringmelksrivier en Riversdal silokomplekse.

‘n Wye reeks geregistreerde suiwel- en skaap voere van kwaliteit word by SSK se veevoer vervaardigings aanlegte te Karringmelksrivier en Riversdal vervaardig. Aflewerings dienste (sakke en losmaat) is ook beskikbaar. Finansiering vir aankope van veevoere kwalifiseer volgens SSK se kredietbeleid.

Die Veekundige verskaf veekundigverwante inligting aan produsente ten opsigte van diere voeding, teling, algemene bestuur en basiese diere gesondheid.

Bedryfsdoelwitte

Die afdeling poog om sover moontlik plaaslik geproduseerde grondstowwe te gebruik in die samestelling van sy rantsoene. Die afdeling het sedert sy ontstaan daarin geslaag om ‘n stabiele plaaslike mark vir produkte soos voergars, korog en geelmielies te skep en was in ‘n groot mate instrumenteel tot die pryse wat plaaslike graanprodusente die afgelope paar seisoene vir hierdie produkte ontvang het.

Produksie

Die afweeg van grondstowwe en vermenging daarvan word vanuit ‘n sentrale kontrole kamer met behulp van ‘n rekenaar beheer. Rekenaar uitdrukke word van elke mengsel gemaak en monsters van die klaar gemengde voer word op gereelde basis ontleed. Sodoende word menslike foute beperk en produkte van hoë en eenvormige kwaliteit verseker. Die aanleg is ingerig om meel en pille in losmaat of sakke te vervaardig.

Rantsoen formulering

Al die organisasie se grondstowwe word behoorlik gegradeer en deurlopend in ‘n laboratorium ontleed om te verseker dat die samestelling, veral ten opsigte van proteïeninhoud, bo verdenking is. Rantsoen formulering word met behulp van “Format International” se minimum koste rantsoen formuleringspakket gedoen. Dié rekenaarpakket word deur die meeste groot voermaatskappye gebruik en verseker optimale formulasie op ‘n minimum koste basis.

Die afdeling poog om deurentyd die nuutste navorsingsresultate toe te pas en te benut tydens die formulering van rantsoene.

Produkreeks

Tans word ‘n volledig geregistreerde suiwel reeks bestaande uit ‘n ureum vrye reeks met ‘n proteïeninhoud van 12%, 15%, 17% of 20% en ‘n ureum bevattende reeks met ‘n proteïeninhoud van 15%, 17% of 20% verskaf. ‘n Energie-aanvulling vir weidings sowel as volledige kalfkruippille is ook beskikbaar. Die afdeling spesialiseer ook in kliënte mengsels wat onder andere, hoë proteïn konsentrate (HPK), skaap afrond voere en ooi en lam lekke insluit.

Aflewering

Afleweringsfasiliteite vir losmaat sowel as sakke is beskikbaar. Losmaat aflewering is ‘n minimum van 6 ton en sakke ‘n minimum van 8 ton. Kliënte het ook die opsie om self hul voer by die aanleg te kom afhaal.

Kontak

Bestuur & Logistiek

Adam van Wyk
Adam van WykSenior Bestuurder: Veevoer
T
C 082-305 4029
E adam.vanwyk@ssk.co.za
Michiel Beyers
Michiel BeyersLogistiek & Onderhoud
T 028-514 8682
C 082-641 8600
Ashlin Uys
Ashlin UysBestellings
T 028-514 8682
T 028-514 8600
Hanli Nel
Hanli NelAdministrasie
T 042-007 0028
E hanlin@humkoop.co.za

Bedrywighede

Heidric Baatjies
Heidric BaatjiesBestuurder Riversdale
T 028-514 8682
T 028-514 8600
Franscois Kistoor
Franscois KistoorBestuurder Karringmelksrivier
T 028-514 8682
T 028-514 8600
C 083-266 0991
Welmus Buchner
Welmus BuchnerBestuurder Cookhouse & Humansdorp
C 072-182 0007
E wbuchner@humkoop.co.za

Veekundige

Abrie Groenewald
Abrie GroenewaldVeekundige
T 028-514 8600
C 082-388 0029
Bertus van der Merwe
Bertus van der MerweTegniese Adviseur / Voedingkundige