Sentraal-Suid Koöperasie

SSK is primêr ‘n landbou-koöperasie wat hoë gehalte produkte en dienste aan hoofsaaklik die landbou-industrie lewer.

SSK het ‘n aandelebelang in, of besit ten volle, die volgende maatskappye:

100%

Sentraal-Suid Beleggings

SSB is ‘n beleggings maatskappy wat fokus op lewensvatbare nie-landbougeleenthede. Die huidige beleggings bestaan ​​uit eiendomme en Riparian Investment Consortium 1 (Edms) Bpk.

T 028 514 8600

100%

Riparian Investment Consortium 1

RIC1 is ‘n diverse beleggingsbesigheid.

T 028 514 8600

100%

Tuinroete Agri

Tuinroete Agri is ‘n maatskappy wat verhuring van vaste eiendom as hoofdoelstelling het. Die primêre bates is eiendomme geleë in die Tuinroete area, vanwaar landboukundige dienste en produkte gelewer word.

www.tagri.co.za

T 044 601 1200

74%

SSK Petro Retail

SSK Petro Retail is ‘n swart bemagtigde maatskappy in die brandstof kleinhandel sektor.

www.ssk.co.za

T 028 514 8600

75%

Softlutions

Softlutions is ‘n innoverende, vooruitstrewende sagteware maatskappy wat daarna streef om sagteware-ontwikkelings funksionaliteit aan ‘n wyer gehoor te bied. Hul kern visie van meer toeganklike sagteware-ontwikkeling word bereik deur FrameworX. FrameworX maak die wêreld van koste-effektiewe, konsekwente en funksieryke sagteware-ontwikkeling oop, met behulp van ‘n paar maklike, maar steeds kragtige konsepte.

www.softlutions.co.za

T 021 852 2141

60%

Southern Oil

Southern Oil is ‘n moderne olie-ontginnings aanleg en eetbare olie-raffinadery geleë in Swellendam en is verbind tot die verskaffing van gesonde alternatiewe olies – beide nasionaal en internasionaal. SOILL se vlagskip-handelsmerk is B-Well Kanola Olie en is een van die enigste olies wat in Suid-Afrika verkoop word wat CANSA onderskryf.

www.soill.co.za

T 028 514 3441

100%

Oleos do Sul

Oleos do Sul is ‘n kokosneut-olie verwerkingsaanleg in Maxixe, Mosambiek met ‘n raffinering en verpakkingsaanleg in Isithebe, Gauteng.

www.soill.co.za

E info@soill.co.za

68%

Eureka Mills

Eureka Meulens produseer witbroodmeel, bruinbroodmeel, koekmeel, volkoringmeel, gekneusde rog en rogmeel vanuit die meul te Karringmelksrivier, net buite Heidelberg geleë in die Suid-Kaap. Hierdie produkte besit besliste unieke eienskappe, wat dit van alternatiewe en mededingende produkte onderskei. Eureka Meulens gebruik slegs hoë – gehalte, plaaslik geproduseerde koring.

www.eurekamills.co.za

T 028 722 1887

52.78%

Hessequa Abattoir

Hessequa Abattoir is in 2007 gestig en bedryf ‘n slagpale in Riversdal. Vee word aangekoop van produsente deur die hele Suid-Kaap waarna dit verwerk en versprei word aan verskeie groothandelaars en slaghuise in Suid-Afrika. Die onderneming beskik oor moderne fasiliteite met die hoogste standaard van higiëne wat konstant toegepas word. Die maatskappy is ook van die eerste ondernemings wat ‘n biogas-aanleg in bedryf gestel het waar elektrisiteit uit die afvalmateriaal ontwikkel word.

T 028 713 1713

51%

Technifarm

Technifarm is ‘n presisie-boerdery, monitering en metings maatskappy. Dit volg die volle siklus van presisieboerdery, en is betrokke vanaf opmeting van die plaas na die finale oes. Hulle is ook betrokke by die verskaffing van masjiene asook met die diens en verwerking van data. Technifarm se doelwit is om boere te help om hul grondvrugbaarheid en status te verbeter, sodat hulle insetkoste kan verminder, opbrengste vermeerder en ‘n afname in risiko teweeg te bring. Daar word gestreef om ‘n meer winsgewende besigheid te bestuur terwyl geen ekologiese stelsels versteur word nie.

www.technifarm.co.za

T 028 514 3140

50%

Procuro Grain

Procuro Grain is ‘n maatskappy in besit van ‘n strategies geleë, Safex geregistreerde silokompleks in Randfontein met die primêre fokus op graanopberging en waardetoevoeging vir sy aandeelhouers.