Die belangrikste bate binne die struktuur van enige organisasie is beslis sy personeel. Dit is daarom die primêre doel van SSK se Menslike Hulpbronne afdeling om die ander afdelings te ondersteun in die voorsiening van voldoende opgeleide, bevoegde en gemotiveerde personeel ten einde die bedryfsdoelwitte van die organisasie te bereik.

Interne dienste wat deur die Menslike Hulpbronne afdeling gelewer word behels o.a. Aanstellings en Toetsing van Kandidate, Dienskontrakte, Personeeladministrasie, Opleiding en Ontwikkeling, Beroepsveiligheid en –gesondheid, Vergoedingsbestuur, Dissiplinêre en Griewe prosedures, Konsultasie en Berading, Arbeidsregsadvies, ens.

Die Menslike Hulpbronne afdeling sorg deurlopend dat SSK se praktyke asook beleide en prosedures voldoen aan heersende arbeids- en ander regulerende wetgewing. Die organisasie voldoen ook aan die verslagdoeningsvereistes van die Departement van Arbeid sowel as Agri Seta. SSK Groep maak gebruik van die Peromnes posgraderingstelsel ten einde te verseker dat hul alles-insluitende vergoedingspakkette markverwant bly. Byvoordele wat gebied word sluit in ruim verlof, medies en pensioenvoordele, winsdeel bonusse en insentiewe, studiehulp en aankope voordele. Die lae arbeidsomset en groot hoeveelhede werksaansoeke ontvang is ‘n aanduiding van SSK se posisie as een van die voorkeur werkgewers in sy bedieningsgebied.

Vakleerlingskappe

SSK is geakkrediteer om vakleerlingskappe in die ambagte: Elektriesiën, Diesel werktuigkunde, Pas-en-Draai en Sweis aan te bied. Suksesvolle kandidate word die nodige akademiese agtergrond asook praktiese blootstelling onder mentorskap gebied ten einde hul ambagstoetse te voltooi in die spesifieke ambag van hul keuse.

Kontak gerus die Menslike Hulpbronne afdeling om meer uit te vind oor die jaarlikse inname.

Kontak

Stuur asseblief u aansoek na

SSK – Menslike Hulpbronne
Voortrek St. 34
Swellendam 6740

T +27 (28) 514 8628
F +27 (28) 514 8656
E careers@ssk.co.za

Besigheidsure
Ma – Vr: 07:30 – 17:00

Skakels

Ons gebruik o.a die volgende webtuistes om vakatures by SSK te adverteer:

www.careers24.co.za

www.jobmail.co.za

www.countrycareers.co.za

www.careerjunction.co.za

www.pnet.co.za

www.gumtree.co.za

Vakatures

SSK beskik tans oor die volgende vakatures: