SSK het die agentskap vir ‘n wye reeks masjinerie en implemente. Die bekendste is die New Holland en Rovic & Leers reeks waarvan beide as markleiers beskou kan word. Hierdie verkope word gerugsteun deur drie goedtoegeruste werkswinkels en onderdele afdelings te Swellendam, Heidelberg, Riversdal en George waar opgeleide vakmanne en dienslewering ‘n prioriteit is.

SSK Meganisasie bied ‘n wye verskeidenheid goedere en dienste aan sy kliënte, nl:

Handelaarskappe

Swellendam, Heidelberg, Riversdal & George

SSK bemark die volle New Holland reeks trekkers en implemente. Addisioneel word die totale produkreeks  van Rovic Leers, Falcon, Amazone en Vitamec ook aangebied.

Werkswinkels

Swellendam, Heidelberg, Riversdal & George

SSK lewer werkswinkeldienste en doen herstelwerk aan bykans alle trekkers, stropers, balers, implemente en vragmotors. Spesialis kennis op dié gebied van ou en antieke werktuie het tot gevolg dat restourasies ook uitgevoer kan word. SSK beskik ook oor goed toegeruste diensvoertuie wat dienste en/of herstelwerk op u perseel kan uitvoer.

Onderdele

Swellendam, Heidelberg, Riversdal & George

‘n Wye spektrum van onderdele word verskaf teen billike pryse. Onderdele wat nie in voorraad gehou word nie, sal op bestelling aangekoop word.

Ingenieursafdeling

Heidelberg & Swellendam

Hierdie afdeling is verantwoordelik vir die vervaardiging van nuwe produkte en die instandhouding van algemene boerdery-toerusting en is sentraal geleë in Swellendam en Heidelberg. Hiervandaan word ‘n groot gebied gedek en dienste soos die buig van pype en plaatmetaal sowel as presisie bewerkings werk word ook aangebied.

Presisie Boerdery

Swellendam, Heidelberg, Riversdal & George

Die Presisie- en Tegniese Spesialiste fokus op en identifiseer kliënte se presisie boerdery behoeftes, beveel geskikte oplossings aan en ondersteun presisie boerdery toerusting in gefokuste naverkoopdiens.