
Getrou aan SSK se leuse van “Werk saam, wen saam”, ondersteun SSK-leierskap die beginsel dat die resultaat van samewerking beter is as die som van individuele prestasies. Ons leierspan van wêreldgehalte deel dieselfde beginsels van etiek en waardes en werk tot voordeel van sowel werknemers as lede.

Francois Swanepoel
Francois matrikuleer in 1993 aan Hoërskool Wolmaransstad waarna hy sy BCom Rekeningkunde en Hons BCom. Bedryfs en Bestuursrekeningkunde asook later sy MBA verwerf aan die Noordwes Universiteit. Hy begin sy loopbaan by Suidwes Landbou in 1997 as Interne Ouditeur vanwaar hy by PLK Landbou aansluit as Snr. Rekenmeester en ook later Finansiële bestuurder by Boland Agri. Na die amalgamasie tussen Boland Agri en WPK beklee hy die pos van Hoofbestuurder Handel (Kus) en Meganisasie totdat hy in 2015 aansluit by VKB Landbou as Uitvoerende Direkteur : Kommersieel en sluit Januarie 2022 aan by SSK. Francois is mal oor enige sport waarvan tennis en krieket sy gunsteling sportsoorte is. Hy is getroud met Marlene, ‘n gebore Namibiër. Hulle het twee kinders.

Henk de Beer
Henk het in 1982 aan die Hoërskool Vredenburg gematrikuleer. Hy het ‘n BSc Agric graad aan die Universiteit van Stellenbosch en ‘n Magister graad in Volhoubare Landbou aan die Universiteit van die Vrystaat verwerf. Hy het in 1989 by SSK as ‘n Landbou-Ekonoom begin werk waarna hy bevorder is tot kredietbestuurder in 1997 en later as Hoofbestuurder van Produkte. Hierna is hy in 2010 bevorder tot Hoofbestuur Bedrywe.




Armandt Horne
Armandt het ‘n Nasionale Diploma in Bemarking verwerf by die destydse PE Technikon (Saasveld kampus), waarna sy loopbaan by Klein Karoo Koöperasie begin het. Hy het van Takbestuurder gevorder tot senior Takbestuurder verantwoordelik vir die De Rust- en Calitzdorp handelstakke. Gedurende 2012 het hy aangesluit by OVK as Bestuurder: Handel-Suid met verantwoordelikheid vir handel, brandstofverspreiding en meganisasie (Claas en Massey Ferguson) in die streek. Armandt is lief vir rotshengel en geniet dit om die agterpaaie op sy bergfiets te verken. Hy is getroud met Elizma en het twee seuns.
Adam van Wyk
Adam van Wyk matrikuleer te Paul Roos Gimnasium in 1998 waarna hy sy B.Rek en Bcomm Bestuursrek Hons. by die Universiteit van Stellenbosch verwerf. Hy slaag ook sy Geoktrooieerde Bestuursrekeningkunde eksamens in 2004 waarna hy in verskillende industrieë in finansiële en operasionele bestuur spesialiseer en sy breë besigheidbestuur ondervinding opdoen. Mees onlangs het hy as operasionele bestuurder by Southern Oil op Swellendam gewerk. Adam is passievol oor groeiende en dinamiese besighede en projekte. Hy is getroud met Lize van Wyk en het twee kinders, ‘n dogtertjie en seuntjie. Hy hou van nuwe projekte aanpak en om in sy af tyd houtwerk te doen.
Henry Gale
Henry het in 1988 aan die hoërskool Pionier te Vryheid KwaZulu Natal gematrikuleer. Hy het daarna militêre diensplig voltooi te Voortrekker Hoogte tot 1990. In 1991 begin hy te Natalse Landbou Koöperasie as leerling gradeerder en vorder tot Silobestuurder in 1994. In 1996 word hy bevorder tot Produkte Bestuurder by die Natalse Landbou Koöperasie en behou die pos tot 2004 waarna Natalse Landbou Koöperasie geamalgameer met Afgri (Pty) Ltd. Hy word Streeksbestuurder Hantering en Berging – Natal tot 2010 waarna hy aansluit by SSK. Hy is getroud met Carla en het ʼn seun. Hy is lief vir die natuur en landbou en beoefen graag sport soos langafstand hardloop en hengel.
André Burger
André het is 1990 aan die Hoërskool CR Swart op Brandfort gematrikuleer. Na skool het hy een van sy passies gaan uitleef en dadelik as Staandemaglid by die SANW aangesluit, in 1996 verlaat hy die SANW met die rang van Kaptein. Sy loopbaan in die landboubedryf het in 1997 by Senwes as ‘n Verkoopsklerk begin. Later het hy by Senwes en Afgri as Takbestuurder by onderskeidelik Dewetsdorp, Petrusburg, Marble Hall en Bloemfontein diens gedoen. Hy voltooi die MPP en BOP bestuursprogramme aan die Universiteit van Bloemfontein. André en sy vrou Annalise, het twee kinders, ‘n seun en ‘n dogter. Hy spandeer elke oomblik van sy vrye tyd om ‘n gedeelde passie, rots en strandhengel, saam met sy seun uit te leef. Hy is ook lief daarvoor om met sy hande te werk.

Villiers van Veen
Villiers het in 1997 gematrikuleer aan die Hoër Landbouskool Boland waarna hy die grade B.Rek by die Universiteit van Stellenbosch en B.Compt (Hons) by UNISA verwerf het. Hy het sy klerkskap by Moores Rowland voltooi en as Geoktrooieerde Rekenmeester gekwalifiseer, waarna hy by Ernst & Young in die VSA, Nederland, Namibië, Noorweë, Ghana en Suid-Afrika gewerk het. Na sy terugkeer na Suid-Afrika het hy ook die Geoktrooïeerde Finansiële Ontleder kwalifikasie verwerf en was die Beleggings Risiko Spesialis, en later Bestuurder, by Momentum Batebestuur (voorheen Metropolitan Bate Bestuurders) voor hy hom by SSK aangesluit het. Hy is getroud met Catherine, ‘n onderwyseres, wat sy liefde vir familie, vriende, die natuur en ‘peanut butter milkshakes’ deel. Hulle het 3 kinders, ‘n tweeling en ‘n jonger boetie.







Andre Joubert
André Joubert het grootgeword op Swellendam en aan Paarl Gimnasium gematrikuleer. Hy verwerf ‘n B.Agric. Admin- asook ‘n Honneursgraad in Landbou-ekonomie aan die Universiteit Stellenbosch. Na sy studies is hy werksaam in beide Engeland asook die Falkland Eilande. Terug in Suid-Afrika het hy onderskeidelik 5 jaar elk by FNB en ABSA as Landbou-ekonoom gewerk en omgesien na die Weskus sowel as die Overberg-distrik. Hy is getroud met Sunette en is die trotse pa van ‘n pragtige dogtertjie en seuntjie. In sy vrye tyd geniet hy bergfiets ry, tyd met familie en vriende en natuurlik ‘n lekker braai.
Jacques Buys
Jacques het in 1995 aan die hoërskool Montagu gematrikuleer. Hy het sy naskoolse studies by die destydse Kaapse Technikon voltooi in 1999 en het ʼn ND: Interne Ouditkunde verwerf. Sy loopbaan het begin as Interne Ouditeur by Lewis. Hierna het hy ‘n jaar lank as ouditklerk by ‘n ouditfirma gewerk alvorens hy die landbou sektor betree het as Finansiële Rekenmeester by Bester Voer- & Graanbeurs. Op 1 September 2004 begin hy as Interne Ouditeur /Rekenmeester by SSK, hy is in Julie 2008 bevorder tot Finansiële Rekenmeester, en in Junie 2009 tot Bestuurder: Administrasie & Finansies, in September 2012 tot Bestuurder: Informasie in die nuwe SSK bestuurstruktuur. Hy is getroud met Annemie en het twee dogters en ‘n seun. Hy geniet tyd saam met sy familie in die natuur en kamp graag. Hy speel graag gholf en het ‘n passie vir voertuie oud & nuut.
Alwyn Burger

Koos van Zyl
Koos het in 1994 aan die Hoërskool Langenhoven op Riversdal gematrikuleer. In 1995 begin hy werk by Eerste Nasionale Bank en verwerf ook sy B.Com graad deur UNISA. Na 16 jaar in die Bankwese begin hy aan die einde van 2010 by SSK as Bestuurder: Finansies en Administrasie te Heidelberg tak. Koos is getroud met Adri en hulle het drie kinders.
Emmie Germishuys

Herbert Streicher
Herbert is ʼn boorling van George waar hy in 1994 aan die Hoërskool Outeniqua gematrikuleer het. Na skool het hy begin om sy passie vir Informasie Tegnologie uit te leef deur sy MCSE by ITIQ in Kaapstad te verwerf. Na 5 jaar as Informasie Tegnologie Bestuurder by Tuinroete Agri sluit hy September 2013 by SSK aan as Senior Bestuurder Inligtingstegnologie. Hy studeer tans DIP ITE deur Unisa. Herbert is getroud met Suzanne, ʼn kleuterskool onderwyseres, en hulle geniet om hulle vrye tyd saam met hulle twee Basset honde te spandeer.
Annelie van Wyk
Annelie matrikuleer aan die Hoërskool Menlopark in Pretoria. Sy verwerf ‘n Meestersgraad in Sielkunde aan die Universiteit van Pretoria in 1992. Vorige werkgewers sluit in die Nywerheidsontwikkelings Koöperasie, Datacentrix en Tuinroete Agri. Sy is tans Senior Bestuurder: Bemarking en Kommunikasie by SSK en is die Redaktrise van die Wenakker.
Sy is getroud met Fanie, ‘n Kliniese Sielkundige. Hulle bly in Mosselbaai en het 4 kinders. Die hele gesin deel ‘n passie vir die buitelewe en geniet alles wat die natuur bied.