Werk saam – Wen saam
Sentraal-Suid Koöperasie Bpk bedryf sake in die Wes- en Suid-Kaap, die Overberg, asook in die Langkloof en Karoo. Die SSK hoofkantoor is geleë in die skilderagtige dorp, Swellendam. Die onderneming is in 1931 gestig en dien al vir 90 jaar sy lede as ʼn koöperasie; steeds die mees geskikte ondernemingsvorm om sy lede se belange te bevorder.
Huidige promosies
Der Keldermeister Promo Jun 2022
Laai af: Keldermeister Promo June 2022 (PDF | 394 Kb)
Meganisasie promosies
New Holland Presisie Grondbestuur
Laai af: New Holland Presisie Grondbestuur Afr 2021 (PDF | 673 Kb) Download: New Holland Precision Land Management Eng 2021 (PDF | 670 Kb)
Jongste Wenakker
Wenakker Jun 2022
Laai af: Wenakker Junie 2022 (PDF | 2 Mb)
Jongste nuus
Aankondiging Hoof UItvoerende Beampte
SSK verwelkom vanaf 1 Januarie 2022 ‘n nuwe Hoof Uitvoerende Beampte in die plek van Mnr. Erenst Pelser wat na 24 jaar diens by die koöperasie aftree. Mnr. Francois Swanepoel beklee tans die posisie van [...]
Landboukundige Oorsig Mei 2021
Hiermee die maandelikse oorsig van die SSK se Veekundige, Henk Schuurman. Veekundige Oorsig: Proteïen is een van die duurder komponente van vee voer, en ‘n uiters belangrike komponent in terme van die invloed wat dit [...]
Landboukundige Oorsig Apr 2021
Hiermee die maandelikse oorsig van SSK se Veekundige, Henk Schuurman. Veekundige Oorsig: Die verskaffing van koel, skoon drinkwater is een van die basiese en belangrikste dinge wat die veeboer moet doen vir die optimale gesondheid [...]
Landboukundige Oorsig Mar 2021
Veekundige Oorsig: Skape, beeste en bokke, drie spesies waarmee daar algemeen in die SSK streek geboer word, is herkouers, d.w.s. diere wat in staat is om voere te verteer wat hoog is in vesel en [...]
Landboukundige Oorsig Feb 2021
Veekundige Oorsig: 2021 is in volle swang en glo dit of nie, ons betree reeds die tweede maand van 2021. Ons hoop van harte dat 2021 ‘n beter jaar vir die veeboer in die SSK [...]
Landboukundige Oorsig Jan 2021
Veekundige Oorsig: Met ‘n uitdagende, maar ook insiggewende, 2020 wat tot ‘n einde gekom het betree ons 2021 met nuwe moed en energie. Ek hoop van harte alle SSK lede het ‘n gelukkige, maar ook [...]
Oor Ons
Sentraal-Suid Koöperasie Bpk bedryf sake in die Wes- en Suid-Kaap, die Overberg asook in die Langkloof en Karoo. Die SSK hoofkantoor is geleë in die skilderagtige dorp, Swellendam. Die onderneming is in 1931 gestig en dien al vir 90 jaar sy lede as ʼn koöperasie; steeds die mees geskikte ondernemingsvorm om sy lede se belange te bevorder.
Dienste
SSK bied ‘n wye verskeidenheid kliënt-vriendelike dienste aan sy gewaardeerde kliënte.
Handel
SSK Handel, met die handelsmerk AgriLand, bied ‘n eenstop landbouonderneming en selfdoen inkopie paradys waar klante begroet word met deskundige, allesomvattende en professionele diens. Met 20 Agriland winkels gevestig in die Wes- en Suid-Kaap, Tuinroete, Langkloof en Karoo verskaf SSK ‘n volledige reeks landbou, huis en tuin, boumateriaal en doen-dit-self produkte. Die produkreeks word gerugsteun deur ‘n Aankope-afdeling wat fokus op gesamentlike aankope en prysonderhandeling ten einde kwaliteit produkte teen uiters mededingende pryse te verskaf. Die SSK Agriland Verpakkingsaanleg is geleë in Haarlem in die Langkloof.
Meganisasie
SSK Meganisasie bied ‘n wye verskeidenheid goedere en dienste aan sy kliënte, nl:
Graan
SSK is ‘n belangrike rolspeler in die hantering en opberging van graan produkte in die Wes- en Suid-Kaap en is die grootste hanteerder van canola in Suid-Afrika. Die silo’s op Protem, Swellendam, Ashton, Karringmelksrivier, Heidelberg, Krombeksrivier, Riversdal, Albertinia, Kleinberg depot en Herold is maklik bereikbaar per pad en spoor en is gunstig geleë vir beide graan kopers en verkopers.
Veevoer
Die afdeling is gestig met die primêre doel om ‘n stabiele mark vir SSK lede en graanprodusente in Suid-Kaap voergraan te skep. Ander belangrike oorwegings was die beter benutting van SSK se infrastruktuur en bestaande personeel. Die afdeling se veevoer produksie aanlegte is gesetel by SSK se Karringmelksrivier en Riversdal silokomplekse.