SSK Handel, met die handelsmerk AgriLand, bied ‘n eenstop landbouonderneming en selfdoen inkopie paradys waar klante begroet word met deskundige, allesomvattende en professionele diens. Met 22 Agriland winkels gevestig in die Wes Kaap, Tuinroete, Langkloof en Karoo verskaf SSK ‘n volledige reeks landbou, huis en tuin, boumateriaal en doen-dit-self produkte. Die produkreeks word gerugsteun deur ‘n Aankope-afdeling wat fokus op gesamentlike aankope en prysonderhandeling ten einde kwaliteit produkte teen uiters mededingende pryse te verskaf.

Die wynwinkel in Mosselbaai staan bekend as “Der Keldermeister”. Uitsoekwyne van meer as 40 kelders word hier onder een dak aangebied.

SSK AgriLand is trots op opgeleide, gemotiveerde en diens georiënteerde personeel. Ons streef na ‘n onvergeetlike inkopie-kuierervaring waar plattelandse vriendelikheid, kundige advies, goeie diens en na-verkope bystand altyd ‘n gegewe is.