
SSK beskik tans oor vaste silo kapasiteit van ongeveer 320 000 ton asook tydelike opberging kapasiteit in die vorm van silo sak depots van ongeveer 120 000 ton wat bestaan uit 9 silokomplekse (Swellendam / Heidelberg / Krombeksrivier / Protem / Karringmelksrivier / Ashton / Riversdal / Albertinia / Herold) asook een silo sak depot te Kleinberg.
SSK Graan het ook die vermoë om graan te stoor in alternatiewe metodes (bv. silosakke) as ‘n korttermyn oplossing.
SSK Graan ontvang, stoor en versend koring, moutgars, voergars, hawer, canola, mielies, korog en koljander.
Die silo’s is ten volle toegerus met moderne toerusting om ‘n professionele diens aan kliënte te lewer.
Dienste sluit die volgende in:
Al die silo’s is maklik toeganklik vanaf die hoofpaaie en meeste van die fasiliteite het gesertifiseerde en operasionele sylyne (uitgesluit Krombeks, Herold Silo’s en Kleinberg Depot).
Al SSK se silo’s is gelys by SAFEX (uitgesluit Herold Silo en Kleinberg Depot).

Kontakte
Silos
Silo Albertinia
Silo Ashton
Silo Heidelberg
Silo Herold
Silo Karringmelk
Kleinberg Depot
Silo Krombeksrivier
Silo Protem
Silo Riversdal
Silo Swellendam
Koringlandstraat, Swellendam Industrial Area
T 028-514 8678
E silo.swellendam@ssk.co.za
Sylyn No 144525














