SSK bied aan lede ‘n uitgebreide reeks finansieringsprodukte en dienste. Hierdie produkte sluit in krediet fasiliteite vir die finansiering van insetkostes en algemene boerdery benodighede asook die finansiering van landboutoerusting en implemente teen gunstige koerse en termyne. Ons kundigheid en ervaring gee vir ons spesialis insig in u unieke situasie om sodoende u spesifieke behoeftes te bevredig. Die SSK Krediet span verskaf ook pasgemaakte landbou-, vee- en finansiële advies en ons bekwame kredietbestuurders en landbouspesialiste is tot u diens en is gereed om u te help.

Om aansoek te doen vir Lidmaatskap by SSK klik hier.

Krediet word verleen aan die volgende entiteite:

1. Lede

Kredietfasiliteite word bepaal deur die finansierings komitee in ooreenstemming met SSK se kredietbeleid en binne die Nasionale Kredietwet (NKW) (Wet nr 34 van 2005) regulasies. Hersiening van Kredietfasiliteite vir lede word jaarliks via ‘n kredietaansoekvorm gedoen (sien aflaaie op hierdie bladsy).

Krediet fasiliteite word aan lede toegestaan vir die volgende doeleindes:

  • Produksie insette

  • Versekeringspremies

  • Kapitaalgoedere

  • Kontant voorskotte vir lone en dienste gelewer

  • Oorlaatskuld

  • Algemene goedere

  • Rente

2. Nie – Lede

Insidentele kredietfasiliteite word verleen aan nie-lede. (Krediet toegestaan ​​is op die basis van betaling binne 30 dae vanaf die datum van die staat).

Die kredietfasiliteite toegestaan vir ‘n nie-lid word bepaal vanaf die inligting op ‘n krediet aansoek vorm, krediet navrae via ander kredietverskaffers (insluitende kommersiële banke), krediet buro’s en finansiële state.

Sien ons nie-lid aansoekvorm (Aflaaifunksie).

L.W. Graankopers word ook gekategoriseer onder nie-lede.

Met betrekking tot die kredietfasiliteite toegestaan (indien enige) vir ‘n nie-lid met ‘n graankoper status, sal dieselfde kriteria van toepassing wees soos hierbo genoem. (Indien nodig sal geen oordragte of aflaai van enige graan plaasvind, voordat betaling gedoen of bevestig is nie).

Kontakte

Heidelberg

Van Riebeeckstraat 42
Heidelberg 6665

Koos van Zyl
Koos van ZylKrediet
T 028-514 8703
C n/a
E koos.vanzyl@ssk.co.za

Mosselbaai

Industrieweg
Mosselbaai 6506

Diaan Oosthuizen
Diaan OosthuizenKrediet
T 044-6011 200
C n/a
E diaan.oosthuizen@ssk.co.za

Riversdal

Ladysmithweg
Riversdal 6670

Clive Wright
Clive WrightKrediet
T 028-514 8723
C n/a
E clive.wright@ssk.co.za

Swellendam

Voortrekstraat 34
Swellendam 6740

Sebastian Cloete
Sebastian CloeteKrediet
T 028-514 8642
C n/a
E sebastian.cloete@ssk.co.za
Ian Engelbrecht
Ian EngelbrechtHoof van Krediet
T 042-007 0012
C 083-307 0409
E iane@humkoop.co.za
Chris Lategan
Chris LateganKredietbestuurder
T 042 007 0012
C 082 891 6022
E britsvdb@humkoop.co.za
Franswa Dekker
Franswa DekkerJunior Verhoudingsbeampte: Binnelands
T 042 007 0012
C 082 561 8201
E fdekker@humkoop.co.za
Hernus Jacobs
Hernus JacobsVerhoudingsbeampte: Kus
T 042 007 0012
C 063 027 0141
E britsvdb@humkoop.co.za

Besigheidsure

Ma – Vr: 07:30 – 17:00