SSK is ‘n belangrike rolspeler in die hantering en opberging van graan produkte in die Wes- en Suid-Kaap en is die grootste hanteerder van canola in Suid-Afrika. Die silo’s op Protem, Swellendam, Ashton, Karringmelksrivier, Heidelberg, Krombeksrivier, Riversdal, Albertinia en Herold is maklik bereikbaar per pad en spoor en is gunstig geleë vir beide graan kopers en verkopers.

Die saad skoonmaak en verwerking fasiliteite by Swellendam, Heidelberg, Riversdal, Albertinia en Herold is toegerus met die nuutste saad skoonmaak toerusting wat waarde toevoeg tot kliënte se graan om ‘n ​​top klas produk te lewer.  Verder tot die hantering, stoor en skoonmaak van sade, bied SSK ook ‘n fasiliterings rol in die bemarking van kliënte se graan. SSK is ook ‘n koper van voergraan om die voer verwerking fasiliteit by Karringmelksrivier aan te vul.

SSK Graan gee ‘n professionele diens aan ons lede en kliënte deur die hantering en bewaring van hul voorraad, waardetoevoeging tot hul produk, bemarking daarvan en die lewering van ‘n ​​eerste klas administratiewe diens. Graan is ons passie en ons is trots daarop!

Berging & Dienste

Die totale permanente stoor kapasiteit by SSK is ongeveer 320 metrieke ton, wat bestaan ​​uit 9 silokomplekse (Swellendam / Heidelberg / Krombeksrivier / Protem / Karringmelksrivier / Ashton / Riversdal / Albertinia / Herold) asook een silo sak depot te Kleinberg. SSK Graan het ook die vermoë om graan te stoor in alternatiewe metodes (bv. silosakke) as ‘n korttermyn oplossing.

Administrasie

SSK lewer ‘n professionele diens om die administrasie van ons kliënte se vooraad te hanteer. Dit sluit die volgende in: Inname, Versendings, Instruksies, Eienaar oordragte, Silosertifikate en Uitreiking van belastingfakture namens produsente.

Bemarking

Hoewel SSK nie hoofsaaklik aktief is in graanbemarking nie, sal ons wel van tyd tot tyd die handel dryf in koring, moutgars, voergars, hawer, canola, mielies, korog en koljander. SSK Graan verkoop meeste van die voer kommoditeite direk vanaf hul silo fasiliteite, maar kan ook direk aan ‘n kliënt verskaf. SSK tree ook op as ‘n fasiliteerder tussen produsente en graankopers wat van hul fasiliteite wil gebruik maak.

Saad

Sentraal-Suid Co-operative has seed processing plants in, Swellendam, Heidelberg, Riversdale, Herold and Albertinia. We strive to provide high-quality seed to our producers. Wheat, barley, oats and triticale seed is multiplied by the National Seed Scheme, and can be purchased by producers. Sentraal-Suid Co-operative also provides canola, lupines and field pea seed to its members on order.