SSK versekering is gerieflik geleë binne die bedieningsgebied van SSK en die versekerings kantore te Swellendam, Heidelberg, Riversdal, Mosselbaai, Avontuur en bied maklike toegang aan kliënte. SSK streef daarna om bekostigbare versekering oplossings te bied aan sy kliënte, beide persoonlik en kommersieel, sonder om doeltreffende dienslewering te beïnvloed. SSK se kommersiële kliënte strek oor ‘n wye verskeidenheid van nywerhede met die meerderheid van kliënte wat deel vorm van die landbou-waardeketting. SSK voorsien versekering dienste aan sy lede en die algemene publiek sedert die 1950’s en is trots op die vlak van diens. Vriendelike en ervare personeel is altyd gereed om u van hulp te wees.

Gekwalifiseerde Personeel

Alle versekerings makelaars voldoen aan die bevoegdheidsvereistes soos voorgeskryf deur die Raad op Finansiële Dienste (RFD) en elkeen beskik oor hul Verteenwoordigende Sertifikaat (RE5).  James Ackhurst, Celia le Roux, Jacques de Beer, Abrie Jooste, Elisna Steyn, Frans Marx en Bettie Barnard het ook hul Sleutelpersoon Sertifikaat (RE1) eksamens suksesvol voltooi en tans is Bettie Barnard SSK Versekering se geregistreerde sleutelpersoon.

Gemagtigde RFD

SSK is ‘n gemagtigde finansiële diensteverskaffer (RFD lisensie nr 1107) gelisensieer om finansiële raadgewende dienste, asook finansiële intermediêre dienste te verskaf ten opsigte van die volgende produkte:

  • Korttermyn Versekering – Kategorie: Persoonlike lyne (1.2 & 1.23) en Kommersiële lyne (1.6) (insluitend landbou lyne).
  • Langtermyn Versekering – Kategorie: B1 en B2 (1.3, 1.22, 1.20, 1.21)

Klagte Prosedurehandleiding is beskikbaar by enige van onderstaande takke of kan alternatiewelik hieronder afgelaai word.

Korttermyn Dekking

SSK Versekering bemark die produkte van erkende Versekeraars in SA en het tans ooreenkomste met onder andere Old Mutual Insure, Santam, Auto & General, Hollard, Landmark, Merx Kommersiële Onderskrywers, Paladin, Thatch Risk Acceptances, CTC (Commercial & Transport Consultants), AMUA (Associated Marine Underwriting Agency), Genlib, Mirabilis, Camargue, SHA Specialist Underwriters, BnBsure, CTU (Clarendon Transport Underwriters), Western Insurance, KEU Underwriting Managers, King Price Insurance, XLTransit, Travel Insurance Company, Safire Insurance Company, Stratum, Momentum Insurance en Bryte. SSK besit nie enige aandele of beskik oor ‘n finansiële belang in enige van die bogenoemde produk verskaffers nie. Meer as 30% van die afdeling se totale vergoeding oor die laaste 12 maande, is verdien van Old Mutual Insure & Santam.

Oes Dekking

Vir landbouprodusente bied SSK oesversekeringsprodukte (ingesluit Brand-Dekking) deur Old Mutual Insure, Agriseker en Santam Landbou.

Ander Dienste

Deur ander goedgekeurde makelaars, kan SSK ook die volgende produkte vir u bied: Discovery Mediese Planne (MGB), Lewensversekering (MGB), Groeplewensversekering (Seed Benefit Consulting) en Begrafnisdekking (Metropolitan Life).

Vrywaringsversekering

SSK het Professionele Vrywaringsversekering by AIG South Africa Limited (Polis verwysing SENTR 001/0001).

Klagte Prosedure

Indien dienste nie bevredigend is nie, is ‘n klagte proses geïmplementeer wat beskikbaar is by enige van die bogenoemde takke. Alternatiewelik, kan die Klagte Prosedurehandleiding hiernaas  afgelaai word.

Kontakte

Heidelberg

Van Riebeeckstraat 42
Heidelberg 6665

T 028-514 8708
F 028-722 2206

Besigheidsure
Ma – Vr: 07:30 – 17:00

Mic Gildenhuys
Mic Gildenhuys

Avontuur

Hoofstraat
Avontuur 6490

T 044-752 3004
F 044-752 3272

Besigheidsure
Ma – Vr: 07:30 – 17:00

Ian du Plessis
Ian du Plessis

Mosselbaai

Industrieweg
Mosselbaai 6500

T 044-601 1200
F 086-503 1641

Besigheidsure
Ma – Vr: 07:30 – 17:00

Riversdal

Ladysmithweg
Riversdale 6670

T 028-713 3516
F 028-713 3303

Besigheidsure
Ma – Vr: 07:30 – 17:00

Jacques de Beer
Jacques de Beer

Riversdal

Ladysmithweg
Riversdale 6670

T 028-713 3516
F 028-713 3303

Besigheidsure
Ma – Vr: 07:30 – 17:00

Albertus Swart
Albertus Swart

Swellendam

SSK Hoofkantoor
Voortrekstraat 34
Swellendam 6740

T 028-514 8784
F 028-514 8903

Besigheidsure
Ma – Vr: 07:30 – 17:00

Swellendam

SSK Hoofkantoor
Voortrekstraat 34
Swellendam 6740

T 028-514 8795
F 028-514 8903

Besigheidsure
Ma – Vr: 07:30 – 17:00

Carola Koekemoer
Carola Koekemoer

Sleutelpersoon

Bettie Barnard
Bettie BarnardSenior Versekeringsassistent