
Die Humansdorp Koöperasie het die Koöperasie Gemeenskapstrust gestig as ‘n voertuig vir sy Korporatiewe Maatskaplike Beleggingstrategie. ‘n Volhoubare stelsel – die ABCD-benadering – word gebruik om gemeenskappe in vier hoofareas te laat groei. Die Koöperasie is passievol daaroor om ‘n volhoubare verskil te maak en maatskappye, projekte en besighede kan ook deel wees van hierdie reis deur te belê in ons vasberadenheid om bemagtigde en voorspoedige gemeenskappe in Afrika moontlik te maak.
Visie
Om bemagtigde en voorspoedige gemeenskappe in Afrika moontlik te maak.
Missie
Om volhoubare ontwikkeling van ons gemeenskappe te fasiliteer, deur ‘n bategebaseerde benadering toe te pas wat fokus op sosio-ekonomiese groei, opleiding en onderwys, gesondheidsbevordering en bejaardes, in vennootskappe met werknemers, gemeenskappe en belanghebbendes binne ons bedryfsgebiede.
Sleutelfokusareas
Ons bring positiewe verandering in plaaslike gemeenskappe deur op vier sleutelontwikkelingsareas te fokus: Sosio-ekonomiese groei, opleiding en onderwys, bejaardesorg en gesondheidsbevordering





