Met die samevoeging van Humansdorpse Landbou Korporasie (HLK) in die Sentraal-Suid Koöperasie (SSK) Groep, is daar besluit om alle belanghebbendes vanaf een sentrale webwerfplatform te bedien. Die integrasie van die twee webwerwe stel SSK in staat om verbeterde dienslewering aan sy kliënte te bied, en om die proses van toegang tot en verspreiding van inligting, aan almal te vereenvoudig. Inligting en belangrike kommunikasie sal voortaan slegs via die SSK-webwerf beskikbaar wees.
Alhoewel die migrasieproses nog nie voltooi is nie, word kliënte van HLK genooi om intussen die SSK-webwerf te besoek om vertroud te raak met die platform.