
Hierdie afdeling verstaan die uitdagings van boerdery, daarom bied ons betroubare vervaardigings-, herstel- en instandhoudingsoplossings vanuit ons werkswinkels te Swellendam en Heidelberg. Van hier af bedien ons ‘n groot deel van die Suid-Kaap en omliggende gebiede. Ons span beskik oor die kundigheid en toerusting om ‘n wye verskeidenheid werk te verrig – van algemene herstelwerk aan boerderytoerusting tot spesialisdienste soos pyp- en plaatbuigwerk asook staalverwerking.
Ons gekwalifiseerde personeel verseker kwaliteit vakmanskap, vinnige diens en oplossings wat gebou is om te hou – alles teen mededingende pryse. Vooortdurende beplanning bied nuwe geleenthede wat waarde vir ons kliënte te skep. Ons is dus besig met die ontwikkeling van nuwe landbou-implemente en beplan om ons afdelings verder uit te brei om sodoende nog meer produsente en bedrywe te ondersteun.
Staal
SSK Meganisasie Ingenieursdienste hou ‘n wye reeks staalprodukte aan by beide Swellendam en Heidelberg om aan jou behoeftes te voldoen. Of dit nou vir vervaardiging, herstelwerk of algemene konstruksie is, ons help graag met die regte staal teen die regte prys.
Kontakte
Swellendam
Koringlandstraat 1
Swellendam 6740
T 028-514 8600
E engineeringswd@ssk.co.za
Besigheidsure
Ma – Vr: 07:30 – 17:00
Sa & publieke vakansiedae: 08:00 – 13:00
So: Toe vir besigheid
Heidelberg
Eksteenstraat 20
Heidelberg 6665
T 028-514 8600
E engineeringhbg@ssk.co.za
Besigheidsure
Ma – Vr: 07:30 – 17:00
Sa & publieke vakansiedae: 08:00 – 13:00
So: Toe vir besigheid

