SSK, ‘n gevestigde en gediversifiseerde landbou- onderneming met sy hoofkantoor in Swellendam, beskik tans oor die volgende loopbaangeleentheid by sy Silo Onderhoudsafdeling te Heidelberg (Wes-Kaap).

BESTUURDER : MEGANIESE ONDERHOUD: GRAANDIENSTE

Die geskikte kandidaat sal verantwoordelik wees vir die bestuur van die Silo Onderhoudswerkswinkel en sy personeel te Heidelberg, en sal hoofsaaklik getaak wees met die beplanning, prioritisering en bestuur van die algemene onderhoud- en herstelwerk aan o.a. graansilo-toerusting, droogoonde en fabrieksverwante masjinerie, asook die algemene administrasie wat hiermee gepaard gaan.

Die ideale kandidaat sal oor ‘n toepaslike kwalifikasie / bewys van bevoegdheid beskik met minstens vyf jaar bewese ervaring in die bestuur van ‘n onderhoud span, met goeie beplannings-, onderhandelings-, interpersoonlike- en kommunikasievaardighede. ‘n Sterk meganiese aanleg met blootstelling in die onderskeie sweis-tegnieke, ondervinding van die algemene administrasie van sodanige afdeling (insluitend rekenaarvaardigheid met MS Office pakket), asook ‘n geldige kode B bestuurslisensie, is verdere vereistes.

Die posbekleër sal goed onder druk moet kan funksioneer, bereid moet wees om tussen silo depots te reis, asook soms oortyd te werk na gelang van bedryfsbehoeftes. Toepaslike ondervinding van die Graansilobedryf en verwante toerusting, insluitend bakkieshysers, kettingkaste, awegaars en band vervoerders sal u aansoek versterk. ‘n Goeie fisieke kondisie, met bewys van goeie gesondheid en geen stof allergieë, is verdere vereistes.

In ruil vir u prestasie en bydrae tot SSK se sukses en groei bied ons, ooreenstemmend met u kwalifikasies en ervaring, ‘n mededingende alles-insluitende vergoedingspakket.

Aansoekvorms is beskikbaar op SSK se webblad by www.ssk.co.za of kan by hr@ssk.co.za aangevra word. Rig u volledig voltooide aansoekvorm, tesame met ‘n dekbrief en ‘n bondige CV, met vermelding van verwagte vergoeding en ‘n kontaknommer asook ten minste drie kontakbare referente, aan Die Bestuurder: Arbeidsverhoudinge. U kan u aansoek e-pos aan Leon.Claassen@ssk.co.za. U aansoek moet nie later as Maandag 20 Mei 2024 ingedien wees nie.

Neem kennis dat, indien u geen terugvoering van die adverteerder binne een maand na sluitingsdatum ontvang het nie, u kan aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was. SSK behou die reg voor om nie enige vakature te vul nie. SSK is ‘n gelyke-geleentheid werkgewer.