SSK, ‘n gevestigde en gediversifiseerde landbou- onderneming in die Wes- Kaap beskik tans oor die volgende loopbaangeleentheid by hul Versekeringskantore in Heidelberg (Wes- Kaap).

VERSEKERINGSADVISEUR

Die suksesvolle kandidaat sal direk aan die Versekeringsbestuurder rapporteer. Minimum vereistes behels onder meer minstens 5 jaar ondervinding in bemarking van korttermynversekering, ‘n FAIS akkreditasie en voltooide RE5 eksamens.

Goeie kommunikasie- en interpersoonlike vaardighede, ’n doelwit gedrewe en bemarkingsgeoriënteerde benadering asook die vermoë om gesonde kliënteverhoudinge te bou, ‘n geldige rybewys en betroubare motor is ‘n verdere vereistes. Ondervinding in landbou-verwante versekering sal u aansoek versterk.

In ruil vir u prestasie in bg. vakature en bydrae tot SSK se sukses en groei bied ons ‘n mededingende alles-insluitende vergoedingspakket.

Aansoekvorms is beskikbaar op SSK se webblad by www.ssk.co.za of kan by hr@ssk.co.za aangevra word. Rig u aansoek, tesame met ‘n dekbrief en ‘n bondige CV, met vermelding van verwagte vergoeding, ‘n kontaknommer asook ten minste drie kontakbare referente, aan: Die Senior Bestuurder: Menslike Hulpbronne om ons te bereik nie later as Vrydag 24 Mei 2024. U kan u aansoek e-pos aan alwyn.burger@ssk.co.za.

Neem kennis dat, indien u geen terugvoering van die adverteerder binne een maand na sluitingsdatum ontvang het nie, u kan aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was. SSK is ‘n gelyke geleentheid- werkgewer.