SSK, ‘n gevestigde en gediversifiseerde landbou- onderneming in die Wes- Kaap beskik tans oor die volgende loopbaangeleentheid by hul Versekeringskantore in George.

FINANSIËLE BEAMPTE: VERSEKERING

Die ideale kandidaat sal oor ‘n Matriek/ Graad 12 sertifikaat beskik, goed tweetalig wees, rekenaarvaardig in die MS Office pakket (Excel en Word), akkuraat onder druk kan werk, asook oor ‘n kliëntediens ingesteldheid en goeie rekenkundige vermoëns beskik. Vorige ondervinding in Korttermyn versekering tesame met ‘n minimum kwalifikasie op NQF vlak 4, asook voltooide RE 5 – eksamens sal as verdere posvereistes dien. Vorige ondervinding van die System A (Tial) program sal u aansoek versterk.

Van die hoof pligte behels:

  • Verhalings en betalings van versekering premies
  • Kommissie allokering en rekordhouding
  • Skakeling met /navrae van personeel & versekeraars
  • Administrasie van kredietversekering
  • Maandelikse algemene versekeringsopgawes

In ruil vir u prestasie in bg. vakature en bydrae tot SSK se sukses en groei bied ons ‘n mededingende alles-insluitende vergoedingspakket.

Aansoekvorms is beskikbaar op SSK se webblad by www.ssk.co.za of kan by hr@ssk.co.za aangevra word. Rig u aansoek, tesame met ‘n dekbrief en ‘n bondige CV, met vermelding van verwagte vergoeding, ‘n kontaknommer asook ten minste drie kontakbare referente, aan: Die Senior Bestuurder: Menslike Hulpbronne om ons te bereik nie later as Vrydag 24 Mei 2024. U kan u aansoek e-pos aan alwyn.burger@ssk.co.za.

Neem kennis dat, indien u geen terugvoering van die adverteerder binne een maand na sluitingsdatum ontvang het nie, u kan aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was. SSK is ‘n gelyke geleentheid- werkgewer.