SSK, ‘n gevestigde en gediversifiseerde landbou- onderneming, met sy hoofkantoor in Swellendam, beskik tans oor die volgende uitdagende loopbaangeleenthede binne hul Graan- afdeling, vir diensaanvaarding by enige van hul 10 Graan takke binne hul bedieningsgebied.

KWEKELINGE: GRAAN HANTERING & BESTUUR

Ter ondersteuning van SSK se transformasie plan is ons opsoek na kandidate uit die aangewese groepe wat oor ’n Graad 12 of toepaslike tersiêre kwalifikasie en/of bewys van relevante opleiding beskik. Benewens ’n liefde vir Landbou, is tweetaligheid (Afrikaans en Engels), rekenaarvaardigheid in die MS Office pakket (Excel en Word), die vermoë om akkuraat onder druk te kan werk, ‘n algemene diensgeoriënteerde benadering, goeie beplanning- en onderhandelingsvernuf, interpersoonlike- en kommunikasievaardighede asook ‘n geldige kode B bestuurslisensie verdere vereistes.

Die kandidate sal opleiding en blootstelling aan al die dissiplines van Graangradering, Gradering van die verskeie graan tipes, Graan ontvangs- en versendingsprosedures, Beroking- en opbergingsprosedures asook Beroepsveiligheid- en Gesondheidsprosedures ontvang.

Die suksesvolle kandidate sal vir die duur van die aanvanklike 3 jaar opleidingsprogram by enige van die Swellendam, Heidelberg, Karringmelksrivier en/of Albertinia depots gesetel wees, maar moet bereid wees om na enige van die Graan takke in die SSK bedieningsgebied verplaas te word, asook om in ‘n stowwerige omgewing, wat soms hoogtes insluit, te werk.

Aansoekvorms is beskikbaar op SSK se webblad by www.ssk.co.za of kan by hr@ssk.co.za aangevra word. Rig u aansoek, tesame met ‘n dekbrief en ‘n bondige cv asook u akademiese resultate aan Die Senior Bestuurder: Menslike Hulpbronne om ons te bereik nie later as 30 Junie 2024. U kan u aansoek e-pos aan alwyn.burger@ssk.co.za.

Neem kennis dat, indien u geen terugvoering van die adverteerder binne een maand na sluitingsdatum ontvang het nie, u kan aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was. SSK is ‘n gelyke- geleentheid werkgewer.