SSK, ‘n gevestigde en gediversifiseerde landbou- onderneming, met sy hoofkantoor in Swellendam, beskik tans oor die volgende loopbaangeleenthede by hul Graan afdeling, vir moontlike plasing by enige van hul Graan takke in hul bedieningsgebied.

GRAANGRADEERDER(S)

Die suksesvolle kandidate se primêre funksies sal o.a. die gradering van graan, administrasie van alle graansilo verwante dokumentasie, hantering van alle POS transaksies, toesighouding oor meer junior personeel, interaksie met kliënte, en hantering van telefoniese navrae behels. Die suksesvolle kandidate sal reeds opgelei wees in o.a. die volgende dissiplines:

  • Gradering van die verskeie graan tipes
  • Graan ontvangs- en versendingsprosedures
  • Beroking- en opbergingsprosedures
  • Beroepsveiligheid- en Gesondheidsprosedures
  • Toepassing van stoor higiëne praktyke

Die ideale kandidaat sal oor ‘n Matriek/ Graad 12 sertifikaat asook ‘n geldige Gradering-sertifikaat of toepaslike kwalifikasie beskik, goed tweetalig wees, rekenaarvaardig in die MS Office pakket (Excel en Word), akkuraat onder druk kan werk, asook oor ‘n kliëntediens ingesteldheid en goeie rekenkundige vermoëns beskik. ‘n Geldige Kode EB (Kode 08) bestuurderslisensie is ‘n verdere vereiste.

Aansoekvorms is beskikbaar op SSK se webblad by www.ssk.co.za of kan by hr@ssk.co.za aangevra word. Rig u aansoek, tesame met ‘n dekbrief en ‘n bondige CV, met vermelding van verwagte vergoeding, akademiese uitslae, u dorp van voorkeur, ‘n kontaknommer asook ten minste drie kontakbare referente, aan: Die Senior Bestuuurder: Menslike Hulpbronne om ons te bereik nie later as 30 April 2024. U kan u aansoek e-pos aan alwyn.burger@ssk.co.za.

Neem kennis dat, indien u geen terugvoering van die adverteerder binne een maand na sluitingsdatum ontvang het nie, u kan aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was. SSK is ‘n gelyke- geleentheid werkgewer.