Wie kan ‘n lid word?

Enige individu, regspersoon, vennootskap of trust wat direk betrokke is by die landbou, kan aansoek doen om lidmaatskap by SSK. Met die diskresie van SSK se direkteure, wat alle lidmaatskap aansoeke goedkeur, sal individue of entiteite wat landbou dienste verskaf ook oorweeg word.

Voordele van lidmaatskap

Alhoewel dit nie ‘n volledige lys is nie, bied die volgende ‘n oorsig van ‘n paar van die voordele wat lede van SSK geniet:

  • Korttermyn ledefondse – die beskikbaarheid van ‘n produksie voorskot rekening wat rente dra teen voorkeur rentekoerse en met geldmark likiditeit

  • Aankope – een maand van rentevrye krediet vanaf die staatdatum

  • Aankope– betalingsafslag op aankope (1% afslag op alle handels- en onderdele aankope waar ‘n winsgrens van meer as 10% van toepassing is.)

  • Aankope – die fasilitering en gratis indiening van aankope data na die AgriBonus lojaliteit skema

  • Landbou dienste – gratis toegang tot landboukundiges (akkerbou- en veekundiges) asook ‘n landbou-ekonoom

  • Interaksie met bestuur – direkte toegang tot SSK se direkteure en bestuur deur SSK se talle lede terugvoersessies wat deur die loop van die jaar aangebied word.

  • Langtermyn ledefondse – verhaling van koste wat verband hou met aankope by SSK, deur middel van die jaarlikse gedifferensieerde bonusverklaring

  • Langtermyn ledefondse – dien as sekuriteit vir produksie kredietfasiliteite toegestaan

  • Afbetalingsverkoopsooreenkomste – geen straffooie word gehef vir vroeë vereffening

  • Afbetalingsverkoopsooreenkomste – ‘n eenvoudige, vinnige en doeltreffende proses

  • Afbetalingsverkoopsooreenkomste – buigsame terme en voorwaardes word toegestaan ​​teen mededingende rentekoerse.

  • Filiale – voorkeur behandeling, waar moontlik

  • Produksie Krediet-fasiliteite – mededingende terme en rentekoerse

  • Produksie Krediet-fasiliteite – ‘n eenvoudige, persoonlike krediet-aansoekproses

  • Produksie Krediet-fasiliteite – ‘n wye verskeidenheid van bates word oorweeg om as sekuriteit te dien

  • Inligting – Inligtingsessies word dwarsdeur die jaar gehou teen geen koste vir ons lede.

  • Navrae – ‘n toegewyde werknemer hanteer lid-verwante rekening navrae en versoeke.

Hoe om ‘n lid te word?

As u ‘n lid wil word, laai asseblief die vorm onder af  by LAAI AF.

In die geval van ‘n vennootskap, moet een van die vennote lid van SSK wees voor die vennootskap kan aansoek doen vir ‘n SSK lidmaatskap.

Hoe om te bedank as lid?

Wanneer ‘n lid sy / haar lidmaatskap wil bedank, word dit gedoen deur middel van ‘n skriftelike versoek aan die direkteure van SSK om die bedanking te oorweeg. Voorbeelde van waar bedankings van toepassing sal wees is byvoorbeeld waar lede aftree, boerdery-aktiwiteite staak of in die geval van die afsterwe van ‘n lid.

Kontak

Word ‘n lid:

T 028-514 8642
F 028-514 8656
E andre.joubert@ssk.co.za

Besigheidsure
Ma – Vr: 07:30 – 17:00

laai af

SSK Lidmaatskap Aansoek (PDF | 294 Kb)

SSK Nie-Lid Aansoek (PDF | 269 Kb)

TRANSFORMASIE INISIATIEWE (PDF | 55 Kb)