SSK beskik tans oor die volgende interne vakature by sy Agriland winkel te Mosselbaai.

WINKEL BEMARKER: VEEARTSENY

Die geskikte kandidaat, wie aan die Takbestuurder sal rapporteer, sal volle verantwoordelikheid aanvaar vir die winsgewende en effektiewe bestuur van die Veeartseny afdeling. Dit sal ondermeer administrasie, voorraadbestuur, bemarking, en klantesorg insluit.

Die ideale kandidaat sal oor toepaslike ervaring beskik met ‘n algemene bemarkingsgeoriënteerde benadering asook goeie beplanning- en onderhandelingsvernuf, interpersoonlike- en kommunikasievaardighede asook rekenaarvaardig wees. Bewese kennis van diere gesondheid en/of landbou is ‘n vereiste.

Aansoekvorms is beskikbaar by die Menslike Hulpbronne afdeling of op SSK se webblad by www.ssk.co.za. Aansoeke, vergesel van ‘n dekbrief en u motivering, moet gerig word aan leon.claassen@ssk.co.za of u kan dit faks na 044-695 1746.

Aansoeke sluit Woensdag 2021-02-10