Veekundige Oorsig:

Ons is tans ‘n maand in die Herfs seisoen en temperature is besig om geleidelik te daal soos die dae korter raak. Dit is ook ‘n oorgangs en beplannings fase vir die veeboer, met veranderings aan weidingskwaliteit en beskikbaarheid, asook aanplanting van gewasse vir die winterseisoen wat moet plaasvind.

Met die verandering in seisoene is daar verskeie verskeie parameters vir die veeboer wat ook verander. Vir die melkboer is die bottervet produksie van sy kudde een so parameter, en ‘n belangrike een, omdat dit die melkprys wat hy ontvang direk kan beïnvloed.

Ek het die afgelope maand vele navrae gekry oor dalende bottervet en die faktore dit beïnvloed, en sal in hierdie oorsig dit kortliks behandel.

Bottervet en faktore wat dit beïnvloed:

Melk bestaan uit verskeie komponente onder andere water, minerale, proteien en bottervet. Bottervet is een van die belangrikste melk komponente vir die melkboer, want die meeste Suidkaapse melkkopers se melkpryse word direk beïnvloed deur die bottervet persentasie van die melk wat gelewer is.

Bottervet word gesintetiseer vanaf die vetsure asetaat en betahidroksiebuteraat (~50%), afkomstig van veselvertering in die rumen, asook vanaf vetsure wat sirkuleer in die bloed (~50%), afkomstig vanaf die diet en vet mobilisering in die dier self.

Ideale bottervet persentasies sal van kudde tot kudde en koei tot koei varieer, maar oor die algemeen is die volgende waardes om na te strewe volgens ras:

Jersey: 4.6-4.8% Holstein: 3.6-3.8% Ayrshire: 3.8-3.9%

Faktore wat verlaagde bottervet kan veroorsaak:

Algemene faktore

  • Seisoen kan ‘n effek hê op bottervet, met ‘n piek wat gewoonlik ervaar word in laat somer, en laagste vlakke gedurende middel winter en vroeg lente.
  • Stadium van laktasie het ook ‘n effek op bottervet, vroeg laktasie koeie wat piek produksie gee, sal laer bottervet persentasies hê agv ‘n verdunnings effek. ‘n Koeie wat reeds meer laktasies deurgegaan het, sal ook minder bottervet produseer.
  • Genetika beïnvloed ook potensiële bottervet produksie van koeie. Teling vir verhoogde melk produksie het gewoonlik verlaagde bottervet produksie tot gevolg.

Voedings faktore

  • Vesel inhoud van die rantsoen Verteerbare vesel word in die rumen af gebreek na asetaat, ‘n belangrike boublok van bottervet. Verhoogde graan of konsentraat vlakke in die rantsoen sal egter tot propionsuur pruduksie lei, ‘n boublok vir glukose, wat energie verskaf vir verhoogde melkproteien en produksie. Vesel lengte is ook belangrik omdat dit die hoeveelheid kere wat ‘n koei per dag herkou beïnvloed. ‘n Toename in herkou veroorsaak ‘n toename in speeksel produksie, wat voordelig is in die instandhouding van ‘n gunstige rumen pH vir vesel vertering, en dus ‘n toename in bottervet. Jong, sappige weidings is gewoonlik laag in verteerbare vesel gedurende tye waar sulke weidings benut word, sal bottervet verlaag wees. Op hierdie stadium is weidings besig om stadiger te groei en ‘n toename in onverteerbare vesel te toon, wat nadelig is vir bottervet produksie.
  • Verhoogde konsentraat (graan) vlakke in die rantsoen Hoë konsentraat vlakke in die rantsoen sal tot verhoogde propionsuur produksie en dus melkproduskie lei, maar kan ‘n verlaging in bottervet veroorsaak.
  • Vet vlakke in die rantsoen kan bottervet beïnvloed, deurdat oormatig hoë vet vlakke nadelig is vir vesel vertering. Daarteenoor kan insluiting van rumen inerte vette voordelig wees vir bottervet vlakke.
    Strategieë om bottervet te verhoog
    Koeie het natuurlik ‘n genetiese maksimum produksie potensiaal vir bottervet. Indien dit egter waargeneem word dat ‘n kudde se bottervet vlakke abnormaal laag is vir ‘n sekere tydperk, kan verskeie strategieë aangewend word in ‘n poging om dit te normaliseer:
  • Maak seker die koeie se rantsoen bevat genoeg verteerbare vesel, van goeie kwaliteit. Volvoere moet tenminste 40% ruvoer bevat op droë materiaal basis, gesny tot ‘n optimale lengte (2-4cm). Op jong weidings met lae vesel vlakke, kan strooi en hooi benut word vir verhoogde vesel vlakke.
  • Beperk vette in die rantsoen tot onder 60g/kg, en oorweeg sorgvuldig die insluiting van rumen inerte vette.
  • Bestuur weidings om soveel as moontlik optimale kwaliteit weidings aan koeie te veskaf. So ook moet die maak van hooie en kuilvoere optimaliseer word vir die voorsiening van die beste moontlik kwaliteit ruvoer. Sny stadium is van groot belang.
  • Oorweeg insluiting van buffers en giste, veral strategiese insluiting tydens spesifieke seisoene of tydperke van die jaar (bv jong lente weidings, of warm somer tye).

Akkerboukundige oorsig:

Met planttyd wat nader kom is dit belangrik dat elke produsent weet hoeveel sade per vierkante meter geplant word. Meeste produsente werk met ‘n vaste kg/ha, maar omdat die duisendkorrelmassa(DKM) elke jaar verskil is dit belangrik om hierdie bereken op ‘n jaarlike basis te doen.

Canola word teen klein hoeveelhede per hektaar geplant en daarom sal die DKM ‘n groter effek op plantstand hê as ander gewasse.

Formule: plante/????2= ((????????????????????????????????????ℎ????????????) × (???????????????????????????????? ???????????????????????? %)) / ????????????

DKM= Duisend korrel massa

Tabel 1. Die effek van omgewingstoestande tydens plant.

Tabel 2. Hierdie tabel verteenwoordig die huidige DKM van die canola kultivars

NB! Die DKM tussen die lotte kan verskil en daarom is dit belangrik om na die sade/kg op die verpakking te kyk voor die berekening gedoen word. Alle ander grane se DKM sal ook by SSK beskikbaar wees. Vir enige navrae oor plantdigtheid en saadbehandeling kontak Pieter Blom.

Hoe word die DKM bereken vanaf die aantal sade/kg wat op die verpakking voorkom?

????????????=(1000/(???????????????????????? ????????????????/????????))×1000

Canola se onbepaalde groeiwyse beteken dat die plant primêre en sekondêre sytakke kan vorm om op te maak vir ‘n swak plantstand. Hierdie sytakke het dan die grootste bydraende effek op die opbrengs.
Tabel 3. Die aanpasbaarheid van die canola plant by verskillende plante/????2