SSK, ‘n gevestigde, dinamiese en gediversifiseerde landbou- onderneming, beskik tans oor die volgende loopbaangeleentheid by sy Administrasie kantoor in Voorbaai, Mosselbaai.

SENIOR ADMINISTRATIEWE BEAMPTE: FINANSIES

Die ideale kandidaat, wat ‘n ondersteunde rol tot die Senior Rekenmeester: Finansies sal vertolk, sal oor ten minste ‘n Graad 12 (Matriek) sertifikaat beskik, goed tweetalig wees (waarvan een Engels), akkuraat onder druk kan werk met ‘n oog vir detail, asook oor ‘n algemene diens-georiënteerde benadering, goeie beplannings-, interpersoonlike- en kommunikasievaardighede beskik, asook rekenaarvaardig wees (met ondervinding van MS Office Word en Excel asook SAP). Toepaslike ondervinding sal u aansoek versterk.

Die posbekleër sal verantwoordelik wees vir, onder andere, die volgende:

  • Hantering en voorbereiding van daaglikse elektroniese betalings
  • Hantering van kleinkas betalings
  • Bankrekonsiliasies
  • Rekonsiliasie van ander grootboekrekeninge
  • Administrasie van Eiendom verwante transaksies
  • Ander ad-hoc administratiewe take

In ruil vir u prestasie en bydrae tot SSK se sukses en groei bied ons, ooreenstemmend met u kwalifikasies en ervaring, ‘n mededingende alles-insluitende vergoedingspakket.

Aansoekvorms is beskikbaar op SSK se webblad by www.ssk.co.za of kan by hr@ssk.co.za aangevra word. Rig u volledig voltooide aansoekvorm, tesame met ‘n dekbrief en ‘n bondige CV, met vermelding van verwagte vergoeding en ‘n kontaknommer asook ten minste drie kontakbare referente, aan Die Bestuurder: Arbeidsverhoudinge. U kan u aansoek e-pos rig aan Leon.Claassen@ssk.co.za.

U aansoek moet nie later as Vrydag 27 September 2024 ingedien wees nie.

Neem kennis dat, indien u geen terugvoering van die adverteerder binne een maand na sluitingsdatum ontvang het nie, u kan aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was. SSK behou die reg voor om nie enige vakature te vul nie. SSK is ‘n gelyke-geleentheid werkgewer.