SSK verwelkom vanaf 1 Januarie 2022 ‘n nuwe Hoof Uitvoerende Beampte in die plek van Mnr. Erenst Pelser wat na 24 jaar diens by die koöperasie aftree. Mnr. Francois Swanepoel beklee tans die posisie van Uitvoerende Direkteur: Kommersiële Dienste by die VKB Groep en beskik oor uitgebreide kennis en ervaring van die landboubedryf in Suid-Afrika. Ons vertrou dat Mnr. Swanepoel baie waarde sal toevoeg en sien uit daarna om saam met hom te “Werk en te Wen”.