Geagte deelnemer aan die SSK Wintergraan Inligtingsdag
Na deeglike oorweging deur die Inligtingsdag se bestuur en in die lig van die toenemende onsekerheid aangaande die Covid-19 situasie in Suid-Afrika, is daar besluit om die 2020 inligtingsdag eerder af te stel.
Die bestuur het wel besluit om ‘n “video” te maak van die verskillende stadiums van die proewe en sal die skakel beskikbaar stel op 7 September 2020. Daar sal steeds ook sprekers optree wat waardevolle inligting aan ons produsente sal deurgee. Proefresultate sal ook soos oudergewoonte beskikbaar gestel word.