Veekundige Oorsig:
Belangrike mikotoksiene waarvan die melkboer moet weet.
Mikotoksiene is die sekondêre metaboliete van fungi, en is ‘n onderwerp waarmee die melkboer gereeld gekonfronteer word. Die inname van mikotoksiene kan verskeie nadelige effekte op melkkoeie hê, met reproduksie verliese, produksie verliese, afname in lewenslustigheid en afname in siekte weerstand wat gereeld ervaar word, veral in diere wat stres ervaar of onder hoë produksie druk is.
Die primêre mikotoksiene van belang vir die melkboer is:
- Aflatoksien B1
- Deoxinivalenol
- Fomunosien
- Ochratoksien A
- Zearalenone
Mikotoksiene kan in lewende gewasse op die land gevorm word (“Field Mycotoxins”) of tydens opberging (“Storage Micotoxins”) vorm.
In hierdie stuk sal ek die belangrikste mikotoksiene bespreek, asook hul effekte op melkkoeie.
Mikotoksiene:
Aflatoksiene:
Fungi: Aspergillus
Plek van Oorsprong: Oes, Stoor en Prosessering
Affekteer: Lewer (Hepatokies), Immuun sisteem
Simptome: Afname in vrywillige voer inname, afname in voer omset verhouding, verlaagde melkproduksie.
Notas: Kroniese hoë Aflatoksien vlakke word geassosieer met lamheid en sistiese ovaria in melkbeeste. Kan melk kontamineer.
Deoxinivalenol (DON):
Fungi: Fusarium
Plek van Oorsprong: Hoofsaaklik op die land, maar kan tydens opberging vermeerder indien teenwoordig.
Affekteer: Immuun stelsel, Proteïen sintese
Simptome: Afname in vrywillige voer inname, braking, sekondêre infeksies a.g.v. immuun onderdrukkende effek. Hoë vlakke kan ‘n nadelige effek op melkproduksie hê.
Notas: Herkouers kan ongeveer 30% van DON natuurlik neutraliseer, maar hoë vlakke sal steeds nadelige effekte hê.
Fumonisins:
Fungi: Fusarium
Plek van Oorsprong: Hoofsaaklik op die land, maar kan tydens opberging vermeerder indien teenwoordig.
Affekteer: Lewer (Hepatoksies), Brein (Neurotoksies), Niere (Nephrotoksies)
Simptome: Karsinogenies (veroorsaak kankers), lewer skade, lae innames.
Zearalenone:
Fungi: Fusarium
Plek van Oorsprong: Hoofsaaklik op die land, maar kan tydens opberging vermeerder indien teenwoordig.
Affekteer: Reproduksie (Estrogeniese effekte)
Simptome: Verlaagde fertiliteit en konsepsies, aborsies, ovariale atrofie (wegkwyning), prolapse.
Ochratoksien:
Fungi: Pennicillium
Plek van Oorsprong: Hoofsaaklik op die land, maar kan tydens opberging vermeerder indien teenwoordig.
Affekteer: Hoofsaaklik gedegradeer in die rumen, maar kan niere (nepherotoksies) en immuniteit benadeel.
Simptome: Nier skade, verlaagde melkproduksie, diarree.
Ergot:
Fungi: Claciceps spesies, Neotyphodium spesies
Plek van Oorsprong: Claciceps kom op grane voor, Neotyphodium op raaigras en swenkgras.
Affekteer: Veroorsaak bloedvat konstriksie in diere en ander effekte afhangende van toksien teenwoordig.
Simptome: Bloedvat konstriksie veroorsaak verlaagde vermoë om ‘n normale liggaamstemperatuur te handhaaf (hitte stres), verlaagde melkproduksie, afname in vrywillige voer inname. Verskeie ander simptome kan ook teenwoordig wees, insluitend diarree, senuweeagtigheid en selfs dood.
Beheer van Mikotoksiene:
Indien daar vermoed word dat mikotoksiene in vlakke teenwoordig is wat diere kan benadeel, is daar stappe wat geneem kan word om die effekte daarvan te verminder:
- Laat toets verdagte voedings bronne vir mikotoksiene. U voedingkundige sal u in kontak met maatskappye kan sit wat vir mikotoksiene kan toets, of dit self vir u laat ontleed.
- Verwyder bronne wat hoog in mikotoksiene is uit die diere se rantsoen.
- Indien dit nie moontlik is om die bron totaal te verwyder nie, probeer dit sover as moontlik aan nie produserende of dragtig diere te voer nie.
- Probeer om voedings bronne wat besmet mag wees verdun in ‘n mengsel met ander bronne wat onbesmet is.
- Gebruik ‘n betroubare mikotoksienbinder teen voorgestelde vlakke. Kontak gerus ‘n voedingkundige vir meer informasie ivm mikotoksiene en hoe om dit te bestuur.
Verwysings op versoek beskikbaar.
Akkerboukundige Oorsig:
Met grane wat begin met aarverskyning is dit amper kuilvoer en hooi maak tyd vir die melkprodusente.
Optimale kuilvoer en hooiproduksie
Om jou tydsberekening reg te kry moet ons eers weet hoe werk die verskillende groei stadiums van hawer. Om dit te illustreer maak ek gebruik van die Zadoks groeiskaal (Figuur 1.) wat internasionaal gebruik word. Die skets illustreer die stadiums wat die hawer deurgaan en watter aksies belangrik is tydens die periode. Omdat die verskillende stadiums ‘n effek het op die verteerbaarheid en die opbrengs is dit belangrik dat elke produsent weet wat is sy doel met die kuilvoer en in watter produksie stadium is die dier wat die produk moet benut. In ons area wil dit voorkom dat produsente eerder gaan vir hoë opbrengs eerder as kwaliteit omdat ons verskeie jare kry waar droogte ons produksie verlaag. Die inkoop van ruvoer is ook ‘n duur aksie omdat klein hoeveelhede op ‘n keer vervoer kan word.
Belangrike Groei stadiums
Die GS40-GS60 is tussen vlag blaar ontwikkeling en blom:
GS39 tot GS49 sal daar die meeste droë materiaal per dag geproduseer word. Sien skets. GS49 tot GS59 sal die tyd wees waar die materiaal die maksimum verteerbaarheid het en laagste vesel inhoud. Kwaliteit gewys is dit die beste tyd om te sny.
GS61-GS73 is tussen blom en melkagtige deeg stadium:
Tydens hierdie stadium sal die aar volledig verskyn het en bevat dit nog net helder vloeistof. Die helder vloeistof stadium is vinnig verby en plante begin dan koolhidrate in die sade akkumuleer vanaf fotosintese en gestoorde koolhidrate. Ideale tyd vir sny vir kwaliteit en opbrengs.
GS74 en verder:
Daar is gemeet dat die opbrengs nog steeds vermeerder tot GS85 wat die sagte deeg stadium is. Produsente wat maksimale opbrengs jaag sal dan op die later stadium eers sny. Daar moet net onthou word dat die vesel fraksie vermeerder wat die kwaliteit beïnvloed.
Figuur1. Producing quality oat hay by Australian Exporters company (AEXCO)
Die onderstaande grafieke verduidelik die verandering in kwaliteit en ook wanneer die hooi
geskik is vir die Australiese uitvoermark.
Producing quality oat hay by Australian Exporters company (AEXCO)
Die skets toon die ideale sny tyd.
Producing quality oat hay by Australian Exporters company (AEXCO)