Geagte deelnemer aan die SSK Wintergraan Inligtingsdag

Na deeglike oorweging deur die Inligtingsdag se bestuur en in die lig van die toenemende onsekerheid aangaande die Covid-19 situasie in Suid-Afrika, is daar besluit om die 2020 Inligtingsdag eerder af te stel.

Die bestuur van die SSK Wintergraan Inligtingsdag (verteenwoordig deur SSK,  Dept Landbou Wes-Kaap en Janpha Boerdery) het wel besluit om n “video” te maak van die verskillende stadiums van die proewe en sal dus die skakel beskikbaar stel teen die aanvanklike datum wat die dag sou plaasvind. Daar sal steeds ook sprekers optree wat waardevolle inligting aan ons produsente sal deurgee. Proefresultate sal ook soos oudergewoonte beskikbaar gestel word.

Ons besef dat hierdie nuus vir baie teleurstellend sal wees, maar soos die Covid-19 pandemie voortduur, glo ons dat ons as bestuur ‘n verpligting het om die gesondheid en welstand van al ons produsente, besoekers, vrywilligers, borge en verskaffers in ag te neem.

Ons moedig almal aan om postitief en veilig te bly in hierdie tyd.

Groete

Gerdus Steyn
Voorsitter: SSK Wintergraan Inligtingsdag