VERBRUIKER- EN KLIËNT BESKERMING EN NASIONALE RAMPBESTUUR REGULASIES EN VOORSKRIFTE

Beroep op kliënte om opkoop van voorraad te vermy

Die Regering het regulasies aangekondig ter beskerming van die verbruiker, wat onregverdigbare prysverhogings en produk-opkoping verbied gedurende die periode van die COVID-19 pandemie, (Staatskoerant, 19 Maart 2020).

Die regulasies, aangekondig deur die Minister van Handel, Nywerheid en Kompetisie, Ebrahim Patel gedurende ’n media konferensie op Donderdag, 19 Maart 2020, hanteer prysverhogings en beperk die aantal items wat ‘n verbruiker of kliënt mag koop gedurende die nasionale ramptydperk.

Hierdie regulasies is daargestel om verbruikers te beskerm en te verseker dat regverdigheid en sosiale eenvormigheid gedurende hierdie periode sal heers. Die regulasies is uitgevaardig ooreenkomstig die Wet op Rampbestuur en die Regulasies ingevolge beide die Mededingingswet en Verbruikersbeskermingswet.

Alle handelaars is verplig om die nodige stappe te neem om die opkoop van voorraad te beheer, terwyl stappe ook geneem moet word om te verseker dat voorraad beskikbaar is gedurende weeksdae en ook gedurende naweke en maandeindes. SSK AGRILAND beperk dus met onmiddellike effek die getalle van die verkope van produkte soos onder gelys:

  • Toiletpapier
  • Handreiniger
  • Gesigsmaskers
  • Ontsmettings skoonmaakmiddels
  • Chirurgiese maskers
  • Ontsmettings lappies
  • Antiseptiese vloeistowwe
  • Meerdoelige skoonmaakmiddels
  • Bleikmiddel
  • Kookolie
  • Meel
  • Rys
  • Mieliemeel
  • Pasta
  • Suiker
  • Langlewe melk
  • Blikkies- en gevriesde groente
  • Blikkies-, gevriesde en vars vleis, hoender of vis
  • Gebottelde water

Die onvoorsiene behoefte en aankope maak dit moeilik om die rakke vol te hou, maar SSK se Aankope afdeling en verskaffers doen hul bes om die voorraad so vinnig doenlik aan te vul. Bestellings getalle is verhoog en ons verseker kliënte dat die proses voortdurend gemonitor en bestuur word, sodat voorraad op rakke weer aangevul kan word.

Ons het begrip vir ons kliënte se besorgdheid, maar doen ‘n beroep dat elkeen slegs sal aankoop wat nodig is vir u families, sodat ander nie tekort gaan aan broodnodige produkte nie. Daar sal slegs voldoende voorraad beskikbaar wees, indien almal saamwerk in dié verband.

Ons waardeer u begrip en samewerking.