Januarie 2019 is ‘n Club Root Symposium te Wilderness Hotel gehou om produsente sowel as landboubesighede bewus te maak van die grond gedraagde siekte wat die kool gewasse bedreig. Die simposium is gelei deur Mr. Peter Leppan van Leppan Farming (Pty) Limited en daar is spreekbeurte gegee aan kundiges en onder andere Prof. Jacquie van der Waals van Tuks Universiteit. Soos die onderwerp van die simposium het dit geslaag om almal wat die dag bygewoon het, wakker te maak van die gevare van Club root en die risiko waarin dit die kool gewas bedryf plaas. Daar is reeds meer as 27 plase teen die Ooskus geïdentifiseer egter tot op hede is daar nog geen Kanola besmetting in Suid-Afrika aangemeld nie.
Wat is die Siekte?
Plasmodiophora brassicae/Clubroot is ‘n grondgedraagde siekte wat die wortels van kool gewasse besmet en affekteer. Wat belangrik is om te weet is dat Kanola ‘n gasheer is en dat dit reeds ‘n probleem is in Kanola produksie van lande soos Kanada en Australië.
Simptome
Die siekte beïnvloed die hormoon balans in die wortels, wat lei tot selverdeling en die vorming van knoppe op die wortels. Foto 1 beskryf die knoppe wat op die wortels vorm. Kanola plante geaffekteer deur die siekte sal geel en verdwerg voorkom omdat die wortel knoppe die absorpsie van voeding en water beïnvloed. Die simptome is nie altyd so duidelik sigbaar as daar na ‘n Kanola land gekyk word nie, maar dit kan maklik bevestig word deur die plante uit te grawe en na die wortels te kyk.
Verspreiding en lewensiklus
‘n Geïnfekteerde land se rustende spore kan tot 20 jaar in die grond oorleef al word daar nie weer ‘n gasheer gewas geplant nie. Die spore se getalle sal begin afneem tot daar weer ‘n gasheer geplant word. Wanneer daar in hierdie periode ‘n gasheer teenwoordig is sal die rustende spore ontkiem en die wortels binnedring en ‘n nuwe fungus kolonie vorm. Die plante se opbrengs word dan benadeel tot die lewensiklus voltooi is en die rustende spore weer vrygelaat sal word in die grond om weer vir gashere te wag.
Die rustende spore fase van die siekte speel ‘n belangrike rol by die verspreiding van die siekte. Hierdie spore kan dmv. die grond op plaas implemente en skoene versprei word na enige plaas waar die siekte weer sy lewensiklus kan hervat as ‘n gasheer teenwoordig is. Die maklike verspreiding van die spore maak die risiko vir oordrag soveel meer en verseker beskerming aan niemand.
Bestuur
Omdat daar nie geregistreerde chemiese produkte is vir die beheer van die siekte nie moet daar klem gelê word op die bestuur daarvan. Die risiko tabel gee ‘n goeie idee van watter aksies ‘n produsent in bedreiging plaas. Die bestuur praktyke is as volg:
-
Vermy die plant van gasheer gewasse soos Kanola in ‘n korter wisselbou as 5 jaar.
-
Beheer die beweging van implemente wat gekontamineer is met rustende spore voordat dit nie deeglik skoon gemaak is nie. Die oprig van was geriewe vir implemente sowel as besoekers voertuie is belangrik.
-
Die siekte verkies suur grond. Die bekalking van gronde om die ph bo 7.0-7.5(water) te hou kan effektief werk, maar is nie altyd koste effektief nie.
Bronnelys
- Diagnosing clubroot in canola, Department of primary industrie sand regional development, Goverment of Western Australia.
- CLUBROOT IN CANOLA AND JUNCEA CANOLA, GRDC.
- Clubroot of canola factsheet, Saskatchewan Ministry of Agriculture.
PIETER BLOM
Landboukundige | Adviesdienste
pieter.blom@ssk.co.za