Die SSK Wintergraandag vind vanjaar plaas op 22 Aug 2018 te Uitkyk in die Riversdal distrik. Die program beloof om baie interessant te wees. Kontak asseblief vir Petro Heyneman by petro.heyneman@ssk.co.za om u teenwoordigheid op die dag te bevestig.
In samewerking met Joubert Boerdery en die Wes-Kaapse Departement van Landbou
Uitkyk Riversdalvlakte.
Program in saal:
07h00 – 08h20 Registrasie – Koste Gratis
08h30 – 08h35 Verwelkoming – Verwelkoming – Mnr Erenst Pelser (Hoof Uitvoerende Beampte SSK)
08h35 – 08h40 Skriflesing en Gebed – Ds. Deon Beyers
08h40 – 08h45 Voorstelling van Hoofspreker
08h45 – 09h30 Hoofspreker: Prof Johan Kirsten (US) – “n Nugtere beskouing van die debat rondom grondhervorming”
09h30 – 09h50 Scleriotinia praatjie (Lizette Nowers DLWK)
09h50 – 10h10 Riversdal wisselbou ekonomie (Dr Johann Strauss DLWK)
10h10 – 10h15 Bedankings en Praktiese besoek reëlings – Gerdus Steyn
10h15 – 10h40 Beweeg na proewe en kry groepe by regte punt
10h40 – 13h40 Proefbesoeke
13h40 – ….. Middagete word voorsien
Hoof Praktiese Besoekpunte
- Wisselbou en Dekgewasse
- Biologiese bymiddels
- Koring en Gars kultivars
- Canola Kultivars
- Canola Proewe
- Spuitproewe