SSK wens graag ons gewaardeerde SSK-lid, Johann Nel, van die Hoëkraal Landgoed in die Suurbraakstreek, geluk met sy toekenning as die Agri Wes-Kaap se Jongboer-van-die-Jaar. Hy sal die Wes-Kaap in die Nasionale Jongboer-van-die-Jaar kompetisie, later vanjaar, verteenwoordig. Ons wens hom alle sterkte toe.