SSK se Graanafdeling kan na afloop van ‘n baie goeie jaar, ‘n opgraderingsagterskot van R27.00 (uitgesluit BTW) per ton op koringlewerings en R40.00 (uitgesluit BTW) per ton op moutgarslewerings aan lede uitbetaal.

Volledige besonderhede hieroor word deur middel van ‘n omsendskrywe by SSK se Februarie 2017 maandstaat aangeheg.

Volgens Henk de Beer (Hoofbestuurder: Bedrywe) is dit ‘n groot voorreg dat dié uitbetaling vir SSK lede moontlik is, so kort na die ineenstorting van die canola silo’s op Swellendam in Desember 2015.

Personeel van die Graanafdeling kan met reg trots wees op die suksesvolle hantering van die onvoorsiene ramp. SSK is dankbaar oor die seën wat die organisasie in die afgelope jaar beleef het, asook die mate waarop die organisasie van hierdie geweldige terugslag kon herstel.