RIVERSDAL Sentraai-Suid Kooperasie kondig met trots aan dat alle handelstakke in hulle stal voortaan onder die handelsmerk Agriland besigheid gaan doen.

Die Agriland handelsmerk is deur SSK geregistreer en vervang die bestaande Tuinroete Agri- en Landmark handelsmerke. SSK Handelstakke strek vanaf Robertson in die weste tot Plettenbergbaai/Twee Riviere in die ooste en Mosselbaai/Stilbaai in die suide tot Aberdeen in die noorde en is gevestig in 23 dorpe in Wes-, Suid- en Oos-Kaap en die Karoo. Agriland se fokus is die lewering van kwaliteit, waarde-vir-geld produkte, gepaardgaande met uitstaande dienslewering en spesialis advies. Agriland bied ‘n uitgebreide reeks boerdery insetmiddele, tuiste-, tuin- en buitelewe produkte, asook boumateriaal aan landbouers, bouers, tuiniers, doen-dit-self entoesiaste en die algemene publiek. Agriland verseker alle lede en kliente van kampioen klientediens.

* Die plaaslike tak se opening van hul opgegradeerde handelstak het Woensdag, 21 Januarie plaasgevind.