Onbeheerde of “weghol brande” rig jaarliks miljoene rande se skade aan in die landelike omgewings van Suid-Afrika.

Brande wat miskien verhoed kon gewees het, indien die grondeienaars of okkupeerders voldoende voorsorg getref het om die brande te voorkom of te beheer.  Brande verteer bates, maar des te meer het die grondeienaar boonop met die Nasionale Wet op Veld- en Bosbrande van 1998 (“Brandwet”) te doen. Oortreding van die Brandwet kan jou ‘n swaar boete of selfs tronkstraf op die hals haal.

Wat sê die Brandwet van 1998;
As ‘n brand op jou grond kan ontstaan of daaroor versprei moet jy op jou grens ‘n brandstrook maak (elke eienaar moet dit doen, met ander woorde brandstroke aan weerskante van ‘n grensheining). Jy moet ook opgeleide werkers, beskermende klere en brandbestrydingstoerusting beskikbaar hê. In geval van ‘n brand moet jy dadelik jou bure en ander belanghebbendes in kennis stel, daarmee saam moet jy alles in jou vermoë doen om die brand te blus en te keer dat die brand versprei. Indien ‘n boer versuim om enige van hierdie bepalings na te kom kan hy ‘n boete of tronkstraf (of albei) opgelê word.

Wie se skuld is die brand?
Artikel 34 van die Wet bepaal dat daar vermoed word dat ‘n boer nalatig was, as ‘n brand op sy grond begin, of selfs indien ‘n brand wat elders begin het, oor sy grond versprei. Die boer word aanspreeklik gehou vir skade op grond waarheen ‘n brand vanaf sy plaas versprei het, al het die brand nie by hom begin nie. Hierdie vermoede GELD NIE indien die boer ‘n lid is van ‘n Brandbestrydingsvereniging (BBV) in die gebied waar die brand voorgekom het nie.

Goeie nuus vir polishouers van Mutual & Federal Agri.
Mutual & Federal Agri se AgriPlus produk is pasgemaak vir die landbou en bied dekking teen veldbrande vir konvensionele plase in normale toestande. Spesiale dekking is ook beskikbaar vir suikerriet, plantasies, bos en woude. Voorkom dat brandskade sowel as die Brandwet jou tref, kom gesels met SSK Versekering.  Ons deskundiges is vertroud met die Brandwet en is opgelei om raad te gee oor die bestuur van brandrisiko.  Skakel gerus vir James Ackhurst (Heidelberg) of Abrie Jooste (Swellendam) by 028 514 8600 vir meer inligting en verdere navrae.