Groep Struktuur

  •  

    Sentraal-Suid Koöperasie

    SSK is primêre 'n landbou-koöperasie wat  hoë gehalte produkte en dienste aan hoofsaaklik die landbou-industrie lewer.

    SSK het 'n aandelebelang in, of besit ten volle, die volgende maatskappye:

    • 100%

      SSK Veevoer Vervaardigers

      SSKVV is 'n toonaangewende vervaardiger van hoë gehalte veevoere en verskaffer van landbou-kommoditeite. Hulle fokus hoofsaaklik op die suiwelbedryf wat hul verskaf vanaf die moderne produksie fasiliteit op Karringmelksrivier, naby die skilderagtige dorpie van Heidelberg.

      T 028 514 8682

    • 68%

      SwellenMark

      Besit en bestuur 'n luukse winkelsentrum, met plaaslike en nasionale huurders, in die sentrale sakekern van Swellendam. Dit bied meer as 6800 vierkante meter lugversorgde kleinhandelsruimte, met genoeg gerieflike parkering om kliënte 'n aangename inkopie-ervaring te verseker.

      www.facebook.com/swellenmarkmall

      T 082 389 0002

    • 100%

      SS Beleggings

      SSB is 'n beleggings maatskappy wat fokus op lewensvatbare nie-landbougeleenthede. Die huidige beleggings bestaan ​​uit Blinkbeleg Vyftien (Edms) Bpk en Riparian Investment Consortium 1 (Edms) Bpk

      T 028 514 8600

      • 100%

        Blinkbeleg Vyftien

        Blinkbeleg Vyftien is ‘n maatskappy wat verhuring van vaste eiendom as hoofdoelstelling het. Die primêre bate is ‘n vertoonlokaal, dienstesentrum en vulstasie in Swellendam.

        T 028 514 1150 

      • 40%

        Riparian Investment Consortium 1

        RIC 1 is die voordelige eienaar van 1 060 000 aandele in die Pioneer Foods Groep Bpk as deel van hul bemagtiging struktuur wat in 2012 geïmplementeer is. Die belegging het 'n voorgeskrewe houtydperk van 7 jaar en sal dus in 2019ontbind. Na die terugbetaling van alle skuld en opgeloopte rente teen hierdie datum, sal die oorblywende fondse / aandele verdeel word aan die aandeelhouers van die maatskappy.

        T 028 514 8600

    • 60%

      Southern Oil

      Southern Oil is 'n moderne olie-ontginnings aanleg en eetbare olie-raffinadery geleë in Swellendam en is verbind tot die verskaffing van gesonde alternatiewe olies - beide nasionaal en internasionaal. SOILL se vlagskip-handelsmerk is B-Well Kanola Olie en is een van die enigste olies wat in Suid-Afrika verkoop word wat CANSA onderskryf.

      www.soill.co.za

      T 028 514 3441

    • 51%

      Softlutions

      Softlutions is 'n innoverende, vooruitstrewende sagteware maatskappy wat daarna streef om sagteware-ontwikkelings funksionaliteit aan 'n wyer gehoor te bied. Hul kern visie van meer toeganklike sagteware-ontwikkeling word bereik deur FrameworX. FrameworX maak die wêreld van koste-effektiewe, konsekwente en funksieryke sagteware-ontwikkeling oop, met behulp van 'n paar maklike, maar steeds kragtige konsepte.

      www.softlutions.co.za

      T 021 852 2141

    • 50%

      Technifarm

      Technifarm is 'n presisie-boerdery, monitering en metings maatskappy. Dit volg  die volle siklus van presisieboerdery, en is betrokke vanaf opmeting van die plaas na die finale oes.  Hulle is ook betrokke by die verskaffing van masjiene asook met die diens en verwerking van data. Technifarm se doelwit is om boere te help om hul grondvrugbaarheid en status te verbeter, sodat hulle insetkoste kan verminder, opbrengste vermeerder, 'n afname in risiko teweeg te bring.  Daar word gestreef om 'n meer winsgewende besigheid te bestuur terwyl geen ekologiese stelsels versteur word nie.

      www.technifarm.co.za

      T 028 514 3140

    • 100%

      Tuinroete Agri

      Tuinroete Agri is ‘n maatskappy wat verhuring van vaste eiendom as hoofdoelstelling het. Die primêre bates is eiendomme geleë in die Tuinroete area, vanwaar landboukundige dienste en produkte gelewer word.

      www.tagri.co.za

      T 044 601 1200

    • 50%

      Hessequa Abattoir

      Hessequa Abattoir is in 2007 gestig en bedryf ‘n slagpale in Riversdal. Vee word aangekoop van produsente deur die hele Suid-Kaap waarna dit verwerk en versprei word aan verskeie groothandelaars en slaghuise in Suid-Afrika. Die onderneming beskik oor moderne fasiliteite met die hoogste standaard van higiëne wat konstant toegepas word. Die maatskappy is ook van die eerste ondernemings wat ‘n biogas-aanleg in bedryf gestel het waar elektrisiteit uit die afvalmateriaal ontwikkel word.

       

      028 713 1713

    • 60%

      Eureka Meulens

      Eureka Meulens produseer witbroodmeel, bruinbroodmeel, koekmeel, volkoringmeel, gekneusde rog en rogmeel vanuit die meul te Karringmelksrivier, net buite Heidelberg geleë in die Suid-Kaap. Hierdie produkte besit besliste unieke eienskappe, wat dit van alternatiewe en mededingende produkte onderskei. Eureka Meulens gebruik slegs hoë - gehalte, plaaslik geproduseerde koring.

      www.eurekamills.co.za 

      028 722 1887

    • 33.33%

      Procuro Grain

      Procuro Grain is ‘n maatskappy in besit van ‘n strategies geleë, Safex geregistreerde silokompleks in Randfontein met die primêre fokus op graanopberging en waardetoevoeging vir sy aandeelhouers.