Jan Schoonwinkel

Jan Schoonwinkel het in 1981 aan Hoër Landbouskool Boland gematrikuleer.  Hy het die graad B.Agric.Admin aan die Universiteit Stellenbosch in 1985 verwerf.  Daarna het hy sy  diensplig  gedoen en die rang van luitenant verwerf. Hy het einde 1986 die familie-boerdery by sy pa oorgeneem en is getroud met Sanet en het 3 kinders, Arno, Jaco en Elmarie.  Hy het sy boerdery belange taamlik uitgebrei en is trots om die eienaar te wees van Kluitjieskraal Jerseys wat al  verskeie toekennings verwerf het.  Verder bedryf hy ‘n gemengde boerdery met Dohne merino skape en plant kleingrane soos kanola, hawer, gars en koring.  Ek hou van reis en visvang in my vrye tyd.