John Robertson

John matrikuleer in 1970 op Rondebosch Boys High School , Kaapstad.  Hy verwerf in 1974 sy B.Sc Landbou (Landbou-ekonomie) graad en daarna in 1977 sy Hons.B.Sc Landbou (Landbou-ekonomie)  beide op Stellenbosch Universiteit.  Hy raak dan werksaam by die Buro vir Ekonomiese Ondersoek aan Stellenbosch Universiteit van 1975 tot 1977.  Hy begin boer op Klein Brakrivier (Mosselbaai distrik) in 1978 . Boer vanaf 1978  tot 1996 met hoofsaaklik groente, skaap en koring.  Vanaf 1997 verander hy van industrie en begin hoofsaaklik met melk en vleisbeeste boer.  Hy dien dan ook op verskeie direksies van verskeie landbou ondernemings en institute, insluitend die uitvoerende raad van Agri Wes-Kaap en Agri-SA. Hy is getroud met Marianthe en hulle het 3 kinders, ‘n dogter en twee seuns. Hy het ‘n swakheid vir reis en lees , en ‘n belangstelling in geskiedenis en Engelse  letterkunde.