Willem Burger

Willem het op Beaufort-Wes grootgeword en gematrikuleer. Verwerf B.Sc. Agric aan Universiteit Stellenbosch (1983). Begin werk by Landbank as landboubeampte vanaf 1984 tot 2001 te George en Kaapstad. Aanvaar Landbou-Ekonoom pos by Senwes (Kroonstad) vir 2 jaar. Begin by SSK werk (2003) as Landbou-Ekonoom en beklee tans Kredietbestuurder pos vanaf 2011.  Hy is getroud met Erna en het twee seuns, Le Seur en Uys. Hy hou baie van jag, natuur uitstappies, motorfietsry en vakansies by Vleesbaai.

E willem.burger@ssk.co.za