Villiers van Veen

Villiers het in 1997 gematrikuleer aan die Hoër Landbouskool Boland waarna hy die grade B.Rek by die Universiteit van Stellenbosch en B.Compt (Hons) by UNISA verwerf het. Hy het sy klerkskap by Moores Rowland voltooi en as Geoktrooieerde Rekenmeester gekwalifiseer, waarna hy by Ernst & Young in die VSA, Nederland, Namibië, Noorweë, Ghana en Suid-Afrika gewerk het. Na sy terugkeer na Suid-Afrika het hy ook die Geoktrooïeerde Finansiële Ontleder kwalifikasie verwerf en was die Beleggings Risiko Spesialis, en later Bestuurder, by Momentum Batebestuur (voorheen Metropolitan Bate Bestuurders) voor hy hom by SSK aangesluit het. Hy is getroud met Catherine, ‘n onderwyseres, wat sy liefde vir familie, vriende, die natuur en ‘peanut butter milkshakes’ deel.

E villiers.vanveen@ssk.co.za