Oeloff Badenhorst

Oeloff het in 1995 gematrikuleer aan die Sekondêre Skool Grey Kollege in Bloemfontein. Daarna verwerf hy die grade B.Compt en B.Rek.Hons aan die Universiteit van die Vrystaat en voltooi sy rekenmeesters klerkskap by die ouditfirma PriceWaterhouseCoopers in George. Hy sluit in 2003 by Tuinroete Agri aan en kwalifiseer as Geoktrooieerde Rekenmeester. Oeloff is getroud met Andriette Kritzinger, ook ‘n Geoktrooieerde Rekenmeester en het 2 dogters Renée en Anina. Hy is ‘n ywerige fietsryer en gholfspeler wat graag tyd saam met familie en vriende geniet.

E oeloff.badenhorst@ssk.co.za