Jacques Buys

Jacques het in 1995 aan die hoërskool Montagu gematrikuleer.  Hy het  sy naskoolse studies by die destydse Kaapse Technikon voltooi in 1999 en het  ʼn ND: Interne Ouditkunde verwerf. Sy loopbaan het begin as Interne Ouditeur by Lewis. Hierna het hy ‘n jaar lank as ouditklerk by ‘n ouditfirma gewerk alvorens hy die landbou sektor betree het as Finansiële Rekenmeester by Bester Voer- & Graanbeurs. Op 1 September 2004 begin hy as Interne Ouditeur /Rekenmeester by SSK, hy is in Julie 2008 bevorder tot Finansiële Rekenmeester, en in Junie 2009 tot Bestuurder: Administrasie & Finansies, in September 2012 tot Bestuurder: Informasie in die nuwe SSK bestuurstruktuur.  Hy is getroud met Annemie en het twee dogters, Natasha & Nadya en ‘n seun Jan- Hendrik. Hy geniet tyd saam met sy familie in die natuur en kamp graag. Hy speel  graag gholf en het ‘n passie vir voertuie oud & nuut.

E jacques.buys@ssk.co.za