Henry Gale

Henry het in 1988 aan die hoërskool Pionier te Vryheid KwaZulu Natal gematrikuleer. Hy het daarna militêre diensplig voltooi te Voortrekker Hoogte tot 1990. In 1991 begin hy te Natalse Landbou Koöperasie as leerling gradeerder en vorder tot Silobestuurder in 1994. In 1996 word hy bevorder tot Produkte Bestuurder by die Natalse Landbou Koöperasie en behou die pos tot 2004 waarna Natalse Landbou Koöperasie geamalgameer met Afgri (Pty) Ltd. Hy word Streeksbestuurder Hantering en Berging – Natal tot 2010 waarna hy aansluit by SSK. Hy is getroud met Carla en het ʼn seun Alexander. Hy is lief vir die natuur en landbou en beoefen graag sport soos langafstand hardloop en hengel.

E henry.gale@ssk.co.za