Emmie Germishuys

Emmie is ‘n boorling van die Karoo en het groot geword in Steynsburg waar sy in 2001 aan die privaatskool Paul Kruger Kollege matrikuleer. Sy het aan die Universiteit van die Vrystaat die Grade B Rek (Cum Laude) en B Rek Honneurs verwerf. As beurshouer voltooi sy haar klerkskap by Pricewaterhouse Coopers op Robertson en kwalifiseer as Geoktrooieerde Rekenmeester in 2009 na die suksesvolle voltooiing van beide raadseksamens. Sy begin op 1 Oktober 2009 as Rekenmeester by SSK en is sedert September 2012 in die pos van Senior Bestuurder: Finansies. Sy studeer tans die graad B Com Regte deur Unisa. Emmie is lief vir sport en sy en haar man Rohan speel graag gholf en sy draf ook in haar vrye tyd.

E emmie.germishuys@ssk.co.za