Andre Joubert

André Joubert het grootgeword op Swellendam en aan Paarl Gimnasium gematrikuleer. Hy verwerf ‘n B.Agric. Admin- asook ‘n Honneursgraad in Landbou-ekonomie aan die Universiteit Stellenbosch.  Na sy studies is hy werksaam in beide Engeland asook die Falkland Eilande.  Terug in Suid-Afrika het hy onderskeidelik  5 jaar elk by FNB en ABSA as Landbou-ekonoom gewerk en omgesien na die Weskus sowel as die Overberg-distrik. Hy is getroud met Sunette en is die trotse pa van ‘n pragtige dogtertjie, Milan en binnekort ook ‘n seuntjie, Adriaan. In sy vrye tyd geniet hy bergfiets ry, tyd met familie en vriende en natuurlik ‘n lekker braai.

E andre.joubert@ssk.co.za