André Burger

André het is 1990 aan die Hoërskool CR Swart op Brandfort gematrikuleer. Na skool het hy een van sy passies gaan uitleef en dadelik as Staandemaglid by die SANW aangesluit, in 1996 verlaat hy die SANW met die rang van Kaptein. Sy loopbaan in die landboubedryf het in 1997 by Senwes as ‘n Verkoopsklerk begin. Later het hy by Senwes en Afgri as Takbestuurder by onderskeidelik Dewetsdorp, Petrusburg, Marble Hall en Bloemfontein diens gedoen. Hy voltooi die MPP en BOP bestuursprogramme aan die Universiteit van Bloemfontein. André en sy vrou Annalise, het ‘n seun, Ettien, en ‘n dogter, Zanel. Hy spandeer elke oomblik van sy vrye tyd om ‘n gedeelde passie, rots en strandhengel, saam met sy seun uit te leef. Hy is ook lief daarvoor om met sy hande te werk.

E andre.burger@ssk.co.za