Alwyn Burger

Alwyn het aan die Hoërskool Overberg op Caledon gematrikuleer in 1991. Na hy sy diensplig voltooi het, het hy sy aanvanklike studies begin deur sy ND: Personeelbestuur te verwerf aan die destydse Kaapse Technikon, en daarna deeltyds sy graad in Menslike Hulpbronbestuur deur Unisa voltooi tesame met sy akkreditasie by die SABPP as Geoktrooieerde Praktisyn. Hy het sy loopbaan begin as Opleidingsbeampte vir Stellenbosch Farmers Winery, was vir vier jaar Personeelbeampte by Swartland Groep en het daarna die landbou betree as Menslike Hulpbronbestuurder by landbou maatskappye Noord Boland/ Boland Agri en MKB voor sy aanstelling by SSK as MH Bestuurder op 1 April 2006. Hy is tans besig met sy graad in Besigheidsadministrasie deur Unisa. Hy is ook ‘n kranige fietsryer en in sy vrye tyd soek hy die natuur op, is lief vir fotografie en vinnige motors.

E alwyn.burger@ssk.co.za