Handelaarskappe

Werkswinkels

Onderdele

Ingenieurswerke

Elektries

Seile

Meganisasie

SSK Meganisasie bied ‘n wye verskeidenheid goedere en dienste aan sy kliënte, nl:

Bemarking – Swellendam, Heidelberg & George

SSK bemark die volle New Holland reeks trekkers en implemente. Addisioneel word die totale produkreeks  van Rovic Leers, Falcon, Amazone en Vitamec ook aangebied.

Werkswinkels – Swellendam, Heidelberg & George

SSK lewer werkswinkeldienste en doen herstelwerk aan bykans alle trekkers, stropers, balers, implemente en vragmotors. Spesialis kennis op dié gebied van ou en antieke werktuie het tot gevolg dat restourasies ook uitgevoer kan word. SSK beskik ook oor goed toegeruste diensvoertuie wat dienste en/of herstelwerk op u perseel kan uitvoer.

Onderdele – Swellendam, Heidelberg & George

‘n Wye spektrum van onderdele word verskaf teen billike pryse. Onderdele wat nie in voorraad gehou word nie, sal op bestelling aangekoop word.

Ingenieursafdeling –  Swellendam & Heidelberg

SSK Ingenieursafdelings is verskaffers van ‘n wye verskeidenheid tipes staal en plate direk aan die publiek. Verder is die afdeling voortdurend besig met nuwe ontwikkeling en die daarstelling van doelgemaakte produkte soos store, waens, vangkarre, ens aan die landbouer.

Elektriese afdeling

Die afdeling fokus onder andere op sonkrag waterverhitting stelsels en die installasie en diens van lugversorgers. Die herstel van pompe, melkmasjiene, koelkamers en allerhande elektriese toerusting soos yskaste en stowe word ook gedoen. Die bedrading van huise sowel as die instandhouding van bestaande kragstelsels word ook uitgevoer.

Seile afdeling – Swellendam

Die seile afdeling spesialiseer in die vervaardiging en herstel van platsnyer seile. Daar word egter ook dienste gelewer soos die herstel en maak van tente, seile en afdakke.