Landmark

Agri Land

Der Keldermeister

Caltex Swellendam

Handel

SSK se Handelsafdeling is jou eenstop landbouonderneming en selfdoen inkopie paradys waar klante gegroet word met ‘n deskundige, allesomvattende en professionele diens.   Met Agriland winkels op Robertson, Swellendam en Heidelberg verskaf SSK ‘n volledige reeks landbou, huis en tuin, boumateriaal en DIY produkte.  Die produkreeks word gerugsteun deur ‘n Aankope afdeling wat fokus op gesamentlike aankope en prysonderhandeling ten einde kwaliteit produkte teen uiters mededingende pryse te verskaf.

Die wynwinkel in Swellendam staan bekend as “Der Keldermeister” en daar word uitsoekwyne teen kelderpryse van 40 kelders onder een dak aangebied. 

Die handels afdeling is trots op opgeleide, gemotiveerde en diens georiënteerde personeel.  SSK Handel streef na ‘n onvergeetlike inkopie-kuierervaring waar plattelandse vriendelikheid, kundige advies, goeie diens en na-verkope bystand bymekaarkom.