Berging & Dienste

Besigheidsure
Maandae - Vrydae: 07:30 - 13:00 & 14:00 - 17:00
Saterdae: 08:00 - 12:00

Skakels

www.GOSA.co.net
www.agbizgrain.co.za

Die totale permanente stoor kapasiteit by SSK is ongeveer 250 000 metrieke ton, wat bestaan ​​uit 9 silokomplekse (Swellendam / Heidelberg / Krombeksrivier / Protem / Karringmelksrivier / Ashton / Riversdal / Albertinia / Herold).

SSK Graan het ook die vermoë om graan te stoor in alternatiewe metodes (bv. silosakke) as 'n korttermyn oplossing.

SSK Graan ontvang, stoor en versend koring, moutgars, voergars, hawer, canola, mielies, korog en koljander.

Die silo's is ten volle toegerus met moderne toerusting om ‘n professionele diens aan kliënte te lewer.  Dienste sluit die volgende in:

  • Gradering deur gekwalifiseerde personeel
  • Weeg van vragte deur geakkrediteerde en gesertifiseerde weegbrûe
  • Graan droging - Moderne droogmaak proses
  • Graan ventilasie - Vermoë om graan te stoor met 'n hoër voginhoud
  • Graan skoonmaak - Normale en gravitasie skoonmakers
  • Beroking - deur gekwalifiseerde personeel
  • Versakking - van 50 kg tot 1000 kg sakke

Al die silo's is maklik toeganklik vanaf die hoofpaaie en al die fasiliteite het gesertifiseerde en operasionele sylyne.

Al SSK se silo's is gelys by SAFEX (Uitgesluit Herold Silo).

Silo Bedryfsbestuurders


Ashton
Johan Germishuys
028-514 8696


Protem
Charles Williams
028-514 8697


Swellendam
Johan Kluyts
028-514 8678


Karringmelksrivier
Marius Stander
028-514 8695


Heidelberg
Rudolf Meyer
028-514 8739


Riversdal
Hanno Laufs 
028-713 4942


Albertinia
Nico Malan
028-735 2639


Herold
Neill Terblanche
044-888 1626

Klick on the markers to get details.